Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3169 resensies.
"Am not complaining at all, even location for direction is perfect."
"Baie vriendelike mense, almal wil net gesels en help waar hulle kan."
"24 uur winkels beskikbaar wat 'n plus was omdat ons naweek baie besig was, maar dit het net nie veilig gevoel om na ure daar te stop nie. Gelukkig is daar baie vulstasies wat ook 24 uur oop is en ons kon alles kry wat ons benodig het. Woolworths Food was natuurlik ook naby en het altyd goeie gehalte kossoorte."
"Visvangarea op selfde plek as bote. Bietjie moeilik. Ablusie by dam en visvangarea sal aanwins wees. Dorpie oulik kort net 'n beter keuse van supermark."
"Heidelberg is gerieflik naby Pretoria met baie geskiedenis. Wanneer ek weer na Heidelberg toe gaan, sal ek beslis weer by Heidelberg Kloof tuis gaan."
"Ons gaan vir seker ten minste nog 2 keer teruggaan want ons kon nie by alles uitkom met een besoek nie. Die natuur is wonderskoon! Was net teleurgesteld in hoeveel rommel daar lê rondom Hartbeespoortdam."
"Ek was daar vir 'n kursus. Clubview was maklik bereikbaar vanaf die hoofweë en verder was daar geen stryd met verkeer nie. Ek het nie toerismemoontlikhede ondersoek nie. "
"Ons dink regtig dat daar bietjie ander roetes weer oopgestel moet word vir die self drive, veral nou na 'n reën-seisoen, al die normale paaie wat oopgestel was, was die wild onbesigtigbaar uit 'n normale voertuig a.g.v die lang gras. Ek verstaan ook dat sommige paaie nie meer geskik is vir normale voertuie en daarom kan daardie ook gemerk word vir die 4x4-roetes. Ons is besoek Dinokeng gereeld en verkies geen ander wegbreek vakansieplekke, maar voel net dat daar dalk 2 keer 'n jaar 'n roete veranderings kan plaasvind vir wildbesigting om almal 'n gelyke kans te kan gee om ons natuurbewaring te kan geniet. Ek wil ook versoek dat daar dalk n skoonmaaksessie van stapel gestuur kan word, ek het begrip dit verg man power en geld, daar is oneindig baie geroeste drade, pale, dromme ens wat rond lê, diere kan hul baie maklik beseer. Soos die zebra bul wat ons op een van ons vroegoggendroetes alleen huppelend gekry het wat vermoedelik sy voor been oopgesny het met iets daai been het al begin vrot. Ek verstaan ook dis natuur en ons moet nie inmeng, maar as die oorsaak mens verwant is dink ek moet ons ons plig doen en omsien dat ons diere nie beswyk aan ons doen en late nie. Dankie vir jul harde werk met ons bewaring van natuurlewe sien jul binne kort weer."
"Northcliff is 'n pragtige plek om oor te bly en naby genoeg aan die beste restaurante, teater in Sandton asook Cresta winkelsentrum."
"Die brul van leeus, die lag van hiënas en roep van 'n jakkals vul mens met 'n oer-verlange. "
"We appreciated the fact that the location is somewhat akin to a country retreat, away for the ‘business’ of the city. Tranquil, easily accessible in terms of traffic to the major routes. Great idea to book this on the way home from your travels and as a ‘date-night’ out. "
"Baie lekker wegbreek naweek en naby Pretoria, maar as jy soontoe gaan om die Groot 5 te sien sal ek eerder die Krugerwildtuin aanbeveel. Die bedrag wat jy moet betaal om deur Dinokeng te ry is ook bietjie baie plus nog R40 per persoon. "
"Lekker naby vir 'n naweekwegbreek van die besige stad. Skoon, veilig en alles wat jy nodig het vir 'n rustige bosvakansie."