Geverifieerde Resensie
Kruger To Canyons
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kruger To Canyons bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1111 resensies.
"Sabie nie soveel om te doen nie, maar die omliggende plekke wat ons besoek het was goeie toeriste bestemmings."
"Sabie is nog altyd 'n waarde-vir-geld-bestemming. En met die dat al die paaie in die omgewing nog in 'n goeie toestand is, maak dit sin om die Laeveld te besoek."
"Graskop self het net die nodigste - ons het by die Garden Shed gaan eet wat fantastiese kos gebied het. Ander restaurante was toe vir die publiek in die aande, so beplan jou etes goed. Maar 'n perfekte, sentrale punt as jy die Laeveld wil besigtig - ons wat tot in die Krugerwildtuin sonder te ver se ry."
Pelgrimsrus, Kruger Tot Canyons
Mona Cottage"Restaurante is nie oop na 17:00 nie. Ek dink daar is nog nie genoeg besoekers om dit te regverdig nie. Hopelik verander dit in die toekoms."
"Daar is 'n paar huise en strate wat bietjie verwaarloos is in die omgewing. Graskop is lekker sentraal en as jy van stilte hou, baie lekker."
"Ons was op die verkeerde naweek in Graskop. Die Lift en die restaurant is 'n belewenis en 'n besliste ja."
"Sabie is 'n baie mooi, natuurlike trekpleister. Watervalle en mooi omliggende areas om te sien."
"Die omgewing, nie net Sabie, het baie agteruit gegaan. Was baie geskok. God's Windows is regtig 'n totale gemors."
"As jy dit nog nie gesien het nie mis jy iets groots in die lewe! Dit is onbeskryflik mooi. Iets wat elke persoon moet gaan sien. "
"Sabie is nog altyd vir my en my gesin die beste plek in Suid-Afrika. Maar ongelukkig vandat dit dorp van die jaar was het dit begin agteruit gaan, veral na die Covid 19-pandemie. Ek hoop die munisipaliteit begin hulle pêrel van 'n dorpie reg te maak sodat hulle weer kan tops wees."
"Julle kan gerus iets doen aan al die slaggate, van die sy strate het meer gate as pad."
"Pragtige natuur. Baie om te sien. Moet net nou kop hou met al die padwerke daar. Ook naby Pelgrimsrus."
"Graskop is 'n wonderlike dorp om te verken en bied verskeie besienswaardighede. Dis beslis 'n besteming om te gaan sien i.e God's window en Graskop Lift. Die Waffle Hut is 'n versteekte juweel en bied die heerlikste wafels aan, vir seker 'n moet in die dorp."
"Daar moet meer toeristebemarking gedoen word en die dorpie moet weer in sy volle glorie herstel word. Die plek het baie potensiaal, veral met die klimaat."