Geverifieerde Resensie
Maloti Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3699 resensies.
"Restaurante sluit te vroeg in die middag/aand gedurende vakansieseisoen. Clarens as dorp kan doen met 'n netjiese kruidenierswinkel vir selfsorg-vakansiegangers. Die enigste 2 spaza shops waar mens kruideniersware moet aankoop in die dorp is vuil en deurmekaar - nie 'n lekker koopervaring."
"Moet net nie na Fouriesburg se dorp toe gaan nie, baie teleurgesteld. Ry eerder Clarens toe."
"Dit bly lekker om Clarens te besoek! Altyd iets nuut. Probeer gerus die Platform vir 'n ander soort koffie!"
"Clarens is 'n pragtige dorp in die Oos-Vrystaat met 'n groot verskeidenheid eetplekke en snuisterywinkels. Verskeie besienswaardighede kan tydens dagritte vanaf Clarens besoek word."
"Road from Clarens to Fouriesburg, then Fouriesburg to Ficksburg too terrible."
"Clarens is pragtig, veral as jy die Golden Gate staproetes en attraksies ook in ag neem."
"Netjiese, skoon dorp. Van die personeel van die winkeltjies wat ons besoek het, was baie verwelkomend."
"Baie besig, maar dit verleen 'n feestelike stemming. Beslis die moeite werd om te besoek."
"Lots to do and see in Clarens with the Golden Gate National Park close by to hike."
"Die grondpaaie in Clarens is baie sleg en benodig 'n 4x4 om daar te ry. Dit was moeilik om met my polo daar te ry, veral toe dit gereën het. Daar is lekker restaurante, maar die winkels is min."
"Dis 'n pragtige plek - asemrownede uitsigte en natuurskoon - die dorp is so mooi en skoon, dis net 'n plesier om daar te bly."
"Baie lekker vir inkopies, eet ensovoorts. Wil graag meer en ander dinge doen volgende keer!"
"Clarens is absolutely perfect! A picturesque town with good restaurants and friendly atmosphere! Good for the mind and soul! Beautiful and gorgeous little town!"
"Baie aangename bestemming. My enigste negatiewe kommentaar is dat meeste restaurante al 18h00 hulle kombuise sluit. Mense met vakansie sou graag later goeie kos wou geniet. Kan die Highlander aanbeveel. Hulle was oop en die kos was lekker."
"Clarens self is nie meer wat dit was so kort as 3 jaar gelede nie, elke winkeltjie in Clarens verkoop min of meer dieselfde aandenkings wat mens sal kry by 'n mark in die Hartebeespoortdam-omgewing, die karwagte is baie lastig. Dis steeds 'n mooi dorpie, hier en daar steeds 'n unieke plekke, gaan ondersteun gerus Clementines-restaurant, goeie diens en lekker atmosfeer."
"Van die mooiste landskappe in die wêreld. Van die restaurante het teleurgestel, nou en 'n vorige keer in dié jaar ook."