Geverifieerde Resensie

Marloth Park

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Marloth Park bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1877 resensies.

Marlothpark

Martys Place

"Marloth Park is baie besig rondom Olifantstraat. Ons verkies om nie meer naby Olifantstraat te bly nie, want die gewoel is net te veel. Die bos-ervaring is reeds daarmee heen. Ons hoop dat die res nog behoue sal bly soos die verblyf nader aan die rivier beweeg."

Marlothpark

Hornbill's Nest Tree Top chalets

"Dis altyd 'n goeie rustydjie."

Marlothpark

Marloth Getaway

"'n Dorpie wat besig is om geweldig uit te brei. Die besigheidsmense moet dit nie agterwee laat nie, so moenie die mense wat gereeld daar kom, elke keer verras met stygende pryse nie. Daar is dié wat vergeet mense stop op Malelane of elders om inkopies te doen. Mense koop as hulle regtig vasbrand daar. Die paaie is skokkend vanaf twee maande gelede, onrybaar met 'n motor behalwe 'n 4x4, niks is sedertdien gedoen om dit rybaar te maak nie wat mense twee keer laat dink om weer te kom. Tariewe vir vakansiehuise het belaglik duur geword en sommige eienaars vra tariewe per persoon as jy die hele huis huur wat 6 mense kan slaap met beperkte geriewe. "

Marlothpark

Big Tuskers Bush Camp

"Die grondpaaie is regtig baie sleg so as jy nie 'n bakkie het nie kan jy nie na die rivier se kant toe ry om die diere te kyk nie."

Marlothpark

Kudus Crest Bush Retreat

"Loved the restaurant right on the Crocodile River. What a view. Marloth has everything you need, even a lovely bakery."

Marlothpark

Kruger Maroela Lodge & Spa

"Beautiful place, just love it."

Marlothpark

Maningwe

"Marlothpark, is 'n pragplek. Geniet die stil natuurskoonlewe daar."

Marlothpark

Klein Paradys

"For first timers to Marloth Park, like ourselves, the sand and rough roads should be advertised, so one is prepared."

Marlothpark

Leeus Villa

"Really nice place to holiday. Just a pity of all the rubbish next to the main road and in the Bush."

Marlothpark

La Kruger Lifestyle Lodge

"Awesome place for a safari and much more adventurous fun."

Marlothpark

Impala Cottage

"Net ver van Pretoria."

Marlothpark

4230 Impala

"The sand roads are definitely not made for normal cars."

Marlothpark

951 Geelvis

"Marloth is a lekker en rustige plek om na die natuur ta gaan kyk."

Marlothpark

Phumangeni Marloth Park

"Baie lekker plek om te bly buite die Kruger met baie diere en genoeg geriewe. Die veiligheid van die oord/dorp moet verbeter word. Daar is reëls dat mense nie tussen 18:00 en -5:00 mag rondloop nie omdat daar leeus en ander wild by die oord kan inkom, maar daar is geen manier om 100% seker te wees dat die gevaar weg is in die middel van die dag nie, en gate in die heining bevestig dat daar probleme kan wees. Leeuspruit binne Marloth was wel ’n teleurstelling - Die bome deur die hele park is te dig om wild te kan sien en mens sien meer wild in Marloth self en glo mens het beter kans om leeus ens. te sien van die Krugerwildtuin se grensheinings wat oor die Krokodilrivier kyk."

Marlothpark

Acacia Bush Cottage

"Die pad langs die wildtuin draad is toe as gevolg van vespoelings. Baie mense gaan om langs die draad te ry, so ek sal aanbeveel dat hulle dit so gou moontlik regmaak en dalk nog so paar roetes bysit."

Marlothpark

Kruger River Villas The Loft

"Ons het al by 'n paar plekkies gebly in Marloth Park en elke liewe keer het ons dit absoluut geniet! Die natuur is net wat jou siel nodig het om bietjie te ontspan."

Marlothpark

Ndlovu Rest

"Net dat dit 'n fantastiese plek is."

Marlothpark

Oppidraai

"Jammer oor water!"

Marlothpark

Bos-Geluk Huis

"Besig oor naweke, maar midweek is uitstekend."

Marlothpark

Kudu's Rus

"Geniet dit altyd in Marlothpark. Mal oor die diere wat by mens kom kuier en altyd lekker om langs die rivier te ry - daar is altyd iets om te sien. Die Krugerwildtuin is baie naby en maklik om dagbesoeke in te werk."

Marlothpark

4230 Impala

"Living in Marloth Park for the past 10 days was a lifetime experience. I joined all the social media apps where the residents share their sightings. This place is like one huge family whose main goal is to absorb and appreciate the wildlife. The shopping center (which I visited on numerous occasions) had everything you would need. They also sell the animal feed there. Marloth Park residents are incredibly friendly and go out of their way to ensure that you are happy and enjoying the life that they are lucky enough to experience on a daily basis."

Marlothpark

Ndlovu Rest

"Puik wegbreek van die stad se gejaag! Het vreeslik baie wild gesien, onder andere 'n jagluiperd wat 'n rooibok in 'n boom opgesleep het. Groot troppe olifante wat by die rivier kom wei en gespeel het!"

Marlothpark

Jackals Dream

"'n Wonderlike dorpie waar die straatdiere kudus, rooibokke, zebra en blouwildebeeste is. Naby geleë aan die wildtuin. Die perfekte vakansiebestemming vir almal wat lief is vir die natuur."

Marlothpark

Doringpoort: Apiesdoring 1622-A Self-catering Moddervis

"Wonderlik, lekker! Baie goedkoper as Wildtuin en hope meer luuks!"

Marlothpark

Hippoholiday

"Bly altyd baie lekker in Marloth. Geniet dit net so baie. Maar hulle sal moet iets doen aan hulle paaie wat op dele baie sleg is, veral in Seekoeiweg."

Marlothpark

Hieso Marloth Park

"Perfekte langnaweek-wegbreek."

Marlothpark

Lalapanzi

"The roads are quite rough when not travelling with a bakkie or 4x4 vehicle."

Marlothpark

Galago's Nest Bush Chalets

"Asemrowend mooi en lekker. Sal vir seker mense aanbeveel om daar te gaan ontspan."

Marlothpark

Lidvubu Lodge

"In Marlothpark is ligging van verblyf baie belangrik. Marlothpark is 'n goeie bestemming as verblyf om die Krugerwildtuin te besoek."

Blad
Blad 33 - Wys 961 tot 990

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang