Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7895 resensies.
"Dis 'n mooi dorp. Moontlik kan aktiwiteite meer bemark word, ek was nie bewus van vele besienswaardighede of aktiwiteite wat ons met die oog af kon sien nie en ons is altyd op die uitkyk hiervoor. "
"'n Pragtige, skoon dorp in 'n pragtige omgewing. Benewens baie goeie hoofroetes, maak die dorp dit vir die reisiger moontlik om die sogenaamde agterpaadjies te verken, meestal grondpaaie (maar baie goed onderhou) deur verskeie passe met asembenemende vergesigte."
"Kamieskroon is 'n pragtige omgewing enige tyd van die jaar! Mense is vriendelik en behulpsaam maar daar moet meer gedoen word vir oorbly-toeriste, soos bv 'n eetplek wat in die aande oop is, al is dit net tot 20:00, of 'n klein winkel wat basiese items aanhou."
"Net goed genoeg vir oornag tussen noord en suid. Algemene toestand van dorp egter netjies en veilig."
"Britstown is not a tourist destination but a passing through destination."
"Lekker verblyf voor jy verder gaan. Bly oor die mooi inkopiesentrum."
"Aangenaam verras deur die uitstekende kos en diens by die Manna Restaurant. "
"A must stop for anyone travelling up to Namibia from the Eastern Cape. A friendly and interesting little place right on the Orange River. Always enjoy staying there."
"Richmond het nie veel in terme van 'n naglewe nie, maar as jou hart hunker na rus en vrede, sal jou voete hulle pad kan vind na Richmond."
"As a final destination, no. As a convenient stopover en route to Cape Town from Johannesburg it is ideally placed and more or less midway between the two."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Hier was hierdie jaar nie juis blomme nie, maar dink dit sal 'n ideale plek wees om te kom bly vir 'n naweek in blomtyd."
"Dis 'n baie mooi plekkie en die mense is baie vriendelik daar. Het dadelik tuis gevoel."
"Alles het 'n blywende indruk op ons gemaak om te koester en te onthou. Dit was die moeite werd."
"Rustige dorp - net die plek om te kom asemskep of jou verwonder aan die pragtige sterre saans."
"Daar was geen eetplekke geadverteer veral as Calvinia vir dié rooivleis skaapvleis sentraal bekend is."