Resensies van Northern Cape

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.06 uit 5 gekry volgens 3820 resensies.
Marius G. - 27th June 2019
staying in Richmond, Noord-Kaap
Die dorp se skoon strate was opvallend. Ons het deur die dorp gery. Net jammer dat papiere en rommel die rivier by die hout bruggie ontsier. Dalk is 'n gemeenskapspoging hiervoor nodig?
Theunise V. - 26th June 2019
staying in Britstown, Noord-Kaap
Die dorpie was doodstil. Kan geen kommentaar gee nie.
Schalk B. - 26th June 2019
staying in Loxton, Noord-Kaap
Lekker geëet by Die Rooi Granaat, maar nie veel te doen verder nie.
Lana R. - 26th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Dit is 'n fantastiese dorpie met baie meer as wat ek verwag het.
Lana R. - 26th June 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Ek is mal oor Calvinia! Daar is so baie oulike winkels, restaurante en museums.
Lana R. - 26th June 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Dis 'n baie oulike dorpie.
Sandra O. - 26th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Sutherland was nog altyd 'n dorpie wat op my bucket lysie was. Ons het wel die ligte hittegolf gevang toe ons daar was, so sal weer terugkom vir die ysige koue en sal definitief weer julle sterre kom besigtig by Jurg.
Jp K. - 26th June 2019
staying in Hartswater, Noord-Kaap
Pragtige landerye. Oasis in sy area. Eg plattelands.
Barbie J. - 26th June 2019
staying in Britstown, Noord-Kaap
Dis 'n rustige Karoodorpie waar die gasvryheid jou omhels.
Carien C. - 26th June 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Was baie lekker om by die Groot Gat te kuier. Baie hartseer om te sien hoe vuil Kimberley self is, maar hierdie stukkie geskiedenis is 'n moet wanneer jy in Kimberley kom.
Laurence N. - 25th June 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Ons was te kort tydjie daar om kommentaar te lewer. Ons kan wel sê dat baie hulpvaardige en vriendelike mense by Dunlop ons gehelp het met die omruil van 'n band en dit was op sluitingstyd vir hulle.
Floris M. - 25th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Oulike plek.
Burgert V. - 25th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Baie om te doen.
Abre V. - 25th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Die eenvoud en die niks is baie lekker. Die Karoo het die vermoë om jou siel weer sag te maak en laat rus. Dis beter as enige ander terapie.
Barbie J. - 25th June 2019
staying in Britstown, Noord-Kaap
Daar was nie veel tyd om besienswaardighede te besoek nie, maar die Karoo gasvryheid loop oor in Britstown. Almal met wie ons gepraat het en geselsies aangeknoop het, was vriendelik en behulpsaam. Mooi Karoo-dorpie!
Christel O. - 25th June 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Ons het net tyd gehad om vinnig die Groot Gat te besoek..Was net 'n halfuur binne en dis nogal duur.
Anza H. - 25th June 2019
staying in Loxton, Noord-Kaap
Op 'n Sondag is daar geen plek beskikbaar wat oop is en 'n mens iets te ete kan koop nie. Andersins 'n tipiese rustige Karoodorpie.
Jacques B. - 24th June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Die Restaurant Die Plattelander, die diens en die Hoender Cordon Bleu is uitsonderlik.
Judi T. - 24th June 2019
staying in Richmond, Noord-Kaap
Interessante oornagdorpie met baie vriendelike mense. Het heerlik geëet by Stoep Stories.
Ronel S. - 24th June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Dis die perfekte plek vir oorslaap op pad Kaap toe. Gelukkig is daar nou 'n KFC vir al die Gautengers. Ek is mal oor die kerke in die dorp. Ons besoek hul elke keer as ons daar is.
Ria K. - 24th June 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
'n Verblyf van 'n week of meer is nodig om die omgewing te verken. Ek dink daar is baie meer as wat 'n mens dink.
Suanne B. - 24th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
SALT se begeleide toer 'n moet. Planetarium in die dorp 'n baie lekker ervaring. Hoop toerisme hou hierdie dorpie so aan die gang.
Michiel Wolff W. - 24th June 2019
staying in Williston, Noord-Kaap
Baie lekker dorp met rustigheid.
Arnold V. - 24th June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Perfekte halfpad-stop tussen Gauteng en Wes-Kaap.
Jennette V. - 24th June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Sien sterre.
Anni L. - 23rd June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Baie gerieflike oornag-afsaal na lang reis.
Jimbo M. - 23rd June 2019
staying in Kathu, Noord-Kaap
None, just keep it up. Thank you for the service.
Anna V. - 23rd June 2019
staying in Oosterville, Noord-Kaap
Very neat neighbourhood.
Debbie V. - 23rd June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Lovely little place to visit to see everything star related.
Joan A. - 23rd June 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Great experience for group of school kids first-time travelling on road thus far. The condition of the town's roads needs attention urgently especially the potholes!
Velma H. - 22nd June 2019
staying in Kimberley, Noord-Kaap
Interessant.
Gerhard B. - 22nd June 2019
staying in Calvinia, Noord-Kaap
Redelik dood op Sondae.
Estelle K. - 21st June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
'n Uitstappie na SALT is werklik aan te beveel vir enige besoeker.
Wilmie L. - 21st June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
SALT was die hoogtepunt.
Bennie F. - 20th June 2019
staying in Colesberg, Noord-Kaap
Oulike dorp.
Erna B. - 20th June 2019
staying in Sutherland, Noord-Kaap
Oulike plek met sy eie karakter!
Marietha P. - 19th June 2019
staying in Prieska, Noord-Kaap
Dis so 'n rustige, veilige plek waar mens kan stap in die wye strate en jou verbeel jy is in 'n ander land! 'n Gerieflike afstand van die grens af en mens kan dan gemaklik ry na die volgende oornagplek in Namibië.
Erik C. - 19th June 2019
staying in Blydeville, Noord-Kaap
Moet nog gereeld deur Upington reis en sal weer van Blydeville gebruik maak. Baie dankie vir die goeie diens.
Marina V. - 18th June 2019
staying in Keimoes, Noord-Kaap
Pienk padstal is 'n moet vir kerrie vetkoeke.
Velma H. - 18th June 2019
staying in Springbok, Noord-Kaap
Was slegs een nag daar.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za