Verified Reviews
Escape From Durban
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Escape From Durban
Rated 4.4 out of 5 based on 4010 reviews.
Zimbali Estate, Escape From Durban
13 Yellow Wood"Zimbali was pragtig, maar daar was bouwerk in ons area so dit was besig in die dag, en daar was gaste in ander huise wat vreeslik geraas het in die aande."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Tree Top Village @ Urban Glamping"'n Area wat definitief die moeite werd is om 'n paar dae oor te bly. Baie te sien en te doen. Besonderlik mooi."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Flamboyant 17"Vir 'n oud St Lucia inwoner en ski boot hengelaar, was dit swaar om die agteruitgang van hierdie wonderlike vakansie bestemming te moes sien. Mis die Dolphin Supermarket van ouds. Die Aashuis by Parkeraad se kantore. Die hengel van die Jeties en Honeymoon bend. Die Ski Boot Club is great. Heerlike kos. Vriendelike kelners en die uitsig seewaarts was van die beter dinge. Dit is net hartseer dat die normale inkomste gesin nie regtig ver sal kom met hulle vakansie spaar geldjies nie."
Manaba Beach, Escape From Durban
Natspat 20"Dit was en sal nog altyd 'n stand met waarde vir jou geld wees. Almal was gerus en veilig op die strand."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Tree Top Village @ Urban Glamping"Te min diere in die iSimadingo! Die Advantage-toere is baie goed. Baie seekoeie gesien maar min krokodille."
"Ons het Ramsgate werklik geniet omdat die omgewing baie stil is. Ons het baie plekkies en winkels gaan besoek en dit was heerlik. Ek sal Ramsgate enige tyd vir mense aanbeveel. "
Woodgrange, Escape From Durban
Beach Cove"Small and sleepy coastal town but very central so it is ideal if you want to travel up or down the South Coast for a day trip."
St Lucia Estuary, Escape From Durban
Flamboyant 7"Must stay for a minimum of 4 nights stay to get to visit all attractions. "
Lawrence Rocks, Escape From Durban
Chesapeake Bay 30"Lekker naby baie plekke. Als hang af van jou behoefte af. Naby gholfbane, strande, eetplekke en mooi uitsigte. Walvisverskynings was volop, asook 'n paar dolfyne. Die kusgebied is ongelukkig egter baie besoedel."
"Die Mac Bananna is beslis 'n heerlike dag wegbreek en pannekoek of ontbyt eet is 'n moet. Die winkelsentrums is heerlik skoon en glad nie so duur as wat verwag sou word binne seisoen nie. Ramsgate strand is heerlik skoon en beslis familie en swem vriendelik en Julie is ook dan natuur tyd, lekker weer, sonskyn strande en warm see water die opgewondenheid oor die sardien run is aansteeklik of jy visvang of nie. Croc world is energiek en leersaam en die slang park 'n groot verassing en leersaam. Ryp word van piesangs, Walvis speel plek regtig besonder, snorkel saam met ongenooide gaste, dolfyne en voortreflike eet plekke, apies wat rond rits, verskeie voëls en heerlike stap roetes langs die strand en in die plantasies. Elke kilometer was die moeite werd. Dankie Ramsgate vir die gratis "booklets" ivm omgewing gebeurtenisse dit het ons beslis gehelp. Julle rock!"
"Warm climate and people. Beautiful and untouched beauty. You should try it! "
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."
"It's a great environment for a weekend away to recover and get out of your usual routine for a change. Especially for guys that come from JHB or PTA who want to take some time out and relax."
St Michael's-on-Sea, Escape From Durban
Ipanema 3"St Michael's-on-Sea is 'n pragtige strand wat nie so toeloop van mense het nie. Met ander woorde jy kan 'n rustige dag op die strand geniet sonder om vertrap te word. Dit is ook baie sentraal geleë en naby aan alles wat nodig is. 'n Juweel aan die Natalse Suidkus!"