Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 15801 resensies.
Worcester, Ontsnap Uit Kaapstad
Palm la Vie"Die historiese gedeelte van die dorp is 'n besoek werd. Dis net jammer vir al die sekuriteitsheinings. Sou graag die ou NG Kerk se binnekant wou sien, maar alles was agter slot en grendel. Die Kleinplasie-museum en dorp se Klein Karoo-natuurtuin is beslis 'n besoek werd."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Vredenhof Cottages"Pragtige toeristedorpie. Die area bied baie om te doen. "
Franskraal, Ontsnap Uit Kaapstad
Perriwinkle Self-catering Accommodation"Heerlik! Die dorp sal kan doen met 'n lekker restaurant."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
The Loft"Mooiste vakansiebestemming. Net jammer dat van die restaurante 'n redelike arrogante houding het as jy net 2 mense is. "
Wolseley, Ontsnap Uit Kaapstad
Big Sky Cottages"Stunning views, beautiful views of vineyards and mountains."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Clanwilliam Hotel"Ons het Clanwilliam gebruik as basis vir 'n toer van die omgewing wat ideaal was. Dis in 'n pragtige omgewing geleë en ons het die inwoners besonder vriendelik beleef en hulpvaardig gevind. Dis grootliks 'n arm gemeenskap en tog was daar nêrens bedelaars wat ons op straat lastig geval het soos waaraan ons in Gauteng gewoond is nie. Lieflike plek en wonderlike mense."
"Die area is fantasties - daar is so baie om te sien en die uitsig is so mooi om elke hoek en draai. Daar is hordes oulike padstalletjies, selfs 'n "craft"-bierbrouwery en die see is maar net 'n halfuur weg!"
Barrydale, Ontsnap Uit Kaapstad
The Blue Cow Barn – Boutique Farm Accommodation"Die ete by die Mez was heerlik. Bespreek wel voor die tyd. Hulle was baie vol."
Clanwilliam, Ontsnap Uit Kaapstad
Rondegat Cottages"Clanwilliam itself is good for shopping and restaurants but it's really the surroundings that are most beautiful."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
On the Beach"Ek sal Yzerfontein sien as 'n bestemming wat met 'n boek en goeie wyn deurgebring moet word."
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Verdoesie"Jacobsbaai is 'n pragtige plekkie. Indien jy 'n rustige wegbreek wil maak is dit ideaal. Asemrowende omgewing."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
61 Lutie Katz"Fantasties. Meerout Restaurant (langs Spar) maak die lekkerste hamburgers."
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Ahoy Farmhouse 1"Have to visit. It is a quaint and idyllic West Coast town unlike many you will ever see."
"Pragtige dorpie! Besoek ook die kerkie in die dorp, Montpelier, Saronsberg en die olyfplaas! "