Verified Reviews
Eastern Cape
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Eastern Cape
Rated 4.4 out of 5 based on 6442 reviews.
"Seaview is 'n stil kus dorpie ongeveer 30 min buite Port Elizabeth. Die kus is meestal rotsagtig. Ongelukkig doen graffiti op van die rotse afbreuk aan die algemene natuurskoon. Daar is mooi woonhuise, maar van die woonhuise in die ouer gedeelte toon redelike agteruitgang. Alhoewel ons niks persoonlik ervaar het nie, wil dit voorkom asof kleinskaalse misdaad, soos inbraak, 'n moontlike probleem in die area mag wees."
"Restaurante in die hoofstraatjie is belaglik duur. Kies eerder die afegeleë plekkies en gaan soek na plekkies soos Away with the Fairies. Baie unieke pub met die heerlikste pizza en mooiste uitkykpunte, staproetes en kampeerplek."
Bushman's River Mouth, Eastern Cape
River Cottage"Nearby Kenton on Sea and Port Alfred. Were also very interesting to explore. "
"Great community close to awesome beach and great places to go have fun. Pancake house is a definite."
"Rustige plekkie. As jy ontspanning nodig het, is dit die plek om na toe te gaan."
Gqeberha (Port Elizabeth), Eastern Cape
Welbedacht Estate Self-catering Accommodation"Pragtige plekke om Port Elizabeth om te sien."
"Dit is 'n móét. Ons het die veral die appliekwerk-uitstalling van die skeppingsverhale en die tradisionele vertellinge van die oorspronklike inwoners van hierdie gebied waardeer. Die kurator het moeite gedoen om die stukke wat nog toegevou was, oop te maak, en elke verhaal te vertel. Dit was veral betekenisvol omdat dit op Erfenisdag was en ons kon sien met hoeveel sorg dié groep mense hulle nalatenskap eer en bewaar. Niks wat ek opgelees het oor die Uilhuis kon reg doen aan die kreatiwiteit wat in die huis uitgeleef is nie. Dit is altyd verbasend om te sien hoe 'n kunstenaar kan realiseer wat in hulle wêreld gebeur. Ons het ook die fossielmuseum besoek en ook daar was ons beïndruk met die passie wat die gids gehad het vir die vakgebied. Dit is net jammer dat ons tyd beperk was, want ons sou soveel meer wou sien en doen."
"Baie mooi plek buite seisoen. Ek dink dit kan nogal besig wees in seisoen. Bietjie winderigheid beleef, maar 'n baie mooi Oos-Kaapse vakansiebestemming."
"Pragtige, skoon area en alles is baie sentraal geleë. Veilige staproete langs die see (Marinerylaan)."
"Somersetstraat brei meer en meer uit, en dis baie oulik. Ek voel bietjie onveilig hierdie jaar, wat jammer is, want ek is baie lief vir die klein plekkie."