Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3540 resensies.
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Bikiberg"Dis 'n heerlike vakansiebestemming. Ideaal vir oorslaap of vir 'n week se vakansie."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Baie baie plekke en besienswaardighede, sal vir seker terugkom. Ongelooflike natuurskoon."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Main Street The Loft & The Studio"Mal oor die dorpie, sal langer wil kuier."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Baie natuurskoon, 360° se skildermooi berge. Baie om te doen as jy bereid is om te betaal."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooiberg View Clarens"Sal graag meer tyd daar wou spandeer, maar die tyd was ons nie beskore."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Escape"Picture perfect, beautiful, interesting, alive and always feeling welcome. Lots of places to eat, chill out and have a great memorable time and friends and family even our dogs and especially our Sheepdog had a ball of a time in the Square running up and down with her ball."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Golden View Luxury Self-Catering"Bietjie besig en baie kommersieel geword oor die jare. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Collett House"Een van die mooiste omgewings in die wêreld. God's own country!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Mountain Sage Self-care"Heerlike wegbreek-plekkie tussen die berge. Heerlike eetplekkies en sommer net om af te skakel is dit die moeite werd om Clarens te besoek."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Cottage"Pragtige berge, ontspanne atmosfeer, skoon lug en vriendelike mense!"
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Lesoba Guest Farm"Ons het 'n draai in Fouriesburg gaan maak en net daar omgedraai en ons besigheid in Clarens gaan doen. Ek sal nie in Fouriesburg self gaan bly vir 'n wegbreek nie. Eerder 'n omliggende gastehuis of plaas soos Lesoba. Jammer Fouriesburg."
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Goedgeleë"Strate se toestand laat veel te wense oor - dit is jammer dat ons mooi plattelandse dorpies so agteruit gaan. Die inwoners is egter baie vriendelik."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Royal Coachman Lodge"Ons het baie lekker in Clarens gekuier en inkopies gedoen. Pragtige dorpie. Ons het ook baie lekker perd gaan ry by Bokpoort en kan gerus die ontbyt by die golfbaan se klubhuis aanbeveel."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Eerste besoek aan Clarens, was verbaas oor die baie toeriste-aantreklikhede - die paaie in die dorp het egter dieselfde siekte as in die res van ons pragtige land, hulle het net te veel gate!"
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
By the Way Gastehuis"Was effens teleurgesteld weet nie regtig waaroor die hype gaan nie, ja daar is baie interessante winkeltjies maar dit is ook al. Hulle kan ook hulle ure verleng oor 'n naweek. "
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Uitzicht Game Lodge"Fouriesburg is maar 'n klein plekkie met min te sien en doen. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Grand Villa"Lekker rustige area met pragtige natuurtonele en heelwat om te doen in en om die dorp."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Villa Vista Bonita 63"Het die Bierfees bygewoon. Baie goeie ondervinding met alles wat goed gereël is. Welgedaan aan almal wat deelgeneem het en aan die organiseerders. Ons het dit almal baie geniet."