Geverifieerde Resensie
Overberg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Overberg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 6238 resensies.
"Oulike dorpie met 'n rustige atmosfeer en pragtige natuurskoon met die berg so naby. Perfek om bietjie rus vir jou siel te kry met net die nodigste winkeltjies."
Hemel-en-Aarde Vallei, Overberg
High Season Farm Luxury Cottages & Venue"Net die forel visvang was sleg. Niks gevang in die 4 dae, maar dit was by Sumaridge se dam."
"Dit is 'n bietjie afgeleë, alhoewel dit 'n lekker stapstrand het, mits die weer goed is."
"Lekker om tyd daar deur te bring. Kry die gevoel van dat dit is die "hoër stand" wat hier uithang."
"Om verseker 'n draai by Pili Pili restaurant te maak en om 'n uur of twee op 'n bankie by die hoofstrand stil te sit en die baljarende walvisse dop te hou! Asemrowend! Die Breederivier is ongelooflik mooi. Witsand is 'n besonderse destinasie om te ontspan."
"Heerlike vibe in die dorp, ideal vir 'n naweek wegbreek of langer. Desember is egter 'n malhuis daar."
"Gansbaai is 'n rustige still dorpie. 'n Heerlike wegbreek plekkie, weg van al die stad se lawaai."
"Perfect place if you simply want to relax, recharge your batteries and live the slow life for a while. "
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Die dorp self het nie baie opsies vir uiteet en inkopies nie. Peregrine padstal is wonderlik en sommer op die pad soos jy inkom. "
"'n Goeie naweek wegbreek vir individue uit die stad. Dorp is baie rustig met min lawaai of verkeer. 'n Paar oulike winkels in Harbour rd. Sal definitief weer 'n draai kom maak."
"Die regte bestemming as jy die natuur wil beleef en wegkom van die stad. Ongelooflike mooi see en veilige strand ervaring."
"Daar is wraggies alles wat 'n mens kan wil benodig in daai dorpie."
"Ek dink Villiersdorp is 'n goeie keuse om as basis te dien vanwaar die Overberg en selfs Franschhoek en omgewing verken kan word. Lekker stil en uit die gewoel van plekke soos Hermanus en Franschhoek."
"Die kinders en grootmense het Fairy Sanctuary baie geniet. Daar is baie te sien en besoek in Swellendam. Ons kon nie by alles uitkom nie."
"Very limited choice of restaurants - a coffee shop like at De Kelders would have been nice, but I found it too late! However, the seafood at The Boathouse Restaurant was fresh and excellent! Tourist information office has interesting and informative exhibits and very friendly service."
"Oom Piet se plek is uitstaande in Gansbaai. Als wat nodig is was in Gansbaai."
"Wonderlike wynplase om te besoek, Almenkerk & Paul Wallace. Persoonlike aanslag by Paul Wallace soos lanklaas beleef."
"Uitstekende vakansiebestemming! 'n Verskeidenheid van dinge om te doen en te sien, rustige omgewing."