Geverifieerde Resensie
Parys
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Parys bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 952 resensies.
"I sincerely enjoyed the town. As opposed to Clarence which I heard as much about Parys is a firm favourite now. Kiki's Photography Studio is an absolute must. "
"Was goed om te sien, maar een dag en aand is genoeg om alles te sien."
"Kan slaggate in die agter strate herstel. Ideaal vir 'n wegbreek van die rand en besoek aan die koepel-gebied."
"Die meeste winkeltjies is glad nie rolstoeltoeganklik nie, so dit maak dit baie moeilik om alles te sien wat daar is. Die dorpie self is baie rustig en skoon met vriendelike mense en diens waar ons was. Sal weer gaan besoek."
"Dit is jammer dat die pragtige Vaalrivier in die dorp nie meer toeganklik is nie. Hangbrug en omgewing is verwaarloos en daar is nie piekniekares nie. Oulike winkels en eetplekke."
"Ons het Maandag en Dinsdagaand tydens die Nampo-week in Parys oorgebly. Ons was baie teleurgesteld dat al die restaurante gesluit was, en ons moes maar met Spur tevrede wees. Ek verstaan dat Parys oor naweke baie besig is, maar ek voel in hierdie spesifieke week van Nampo kan 'n uitsondering gemaak word. Vriende van ons wat ook in Parys oorgebly het, het dit ook so ervaar."
"Pragtige dorpie, maar die paaie is sleg en kan sien dit word nie in stand gehou nie. Paaie benodig beslis baie aandag."
"Ons het baie lekker gekuier in die 'n nat en koue Parys. Ons het Sondagoggend 'n heerlike familie-ontbyt vir Moedersdag by N"Style restaurant gehad."
"We really enjoyed most of Parys. A few logistic problems. The potholes are a really huge problem. We also found that whilst most of the small businesses in the area are doing their best to improve their building/shop etc. it would appear the Municipal parts are very run down. This is quite a shame, as parts of "Main" road in between really nice shops etc. are really run down, with rubbish strewn all over, overgrown weeds and grass. "
"Parys is en omgewing is baie rustig en mooi. Definitief die moeite werd om te besoek."
"Baie lekker plekkie om na toe weg te breek. Ongelukkig is die pad op sommige plekke onbegaanbaar. Het lekker eetplekkies en winkels om te besigtig."
"Die dorp se strate is reggemaak vandat ons laas daar was. Dit is n eersteklas toeristedorp met goeie diens oral."
"Parys is 'n baie lekker kuierdorp, vriendelike mense en baie oulike eetplekke. Winkeltjies het ook ietsie vir almal se smaak."
"Sal dit enige tyd weer besoek - bietjie langer oorbly en meer plekke besoek."
"Baie jare geneem om daar besoek af te lê en was beslis nie teleurgesteld nie."
"Vir die wat nog nooit in Parys was nie, jul kan gerus "Die Plek" by O's restaurant besoek vir die mooiste sonsondergang en die lekkerste pizza's. O ja, en drink gerus 'n "Gingerberry" by die Plum Tree Vintage restaurant."
" Nee is 'grand', lekker atmosfeer in die dorp met die baie koffiehuise. "
"Parys is besig om stof te skop in die oë van 'n paar ou gevestigde "bestemmingsdorpies". Mooi Parys hou dit hoog."