Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Paternoster

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Paternoster bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 2296 resensies.

Paternoster

Baywatch Villa and Cottage

"Een van die mooiste dorpies aan die Weskus."

Paternoster

Bokkoms Guest Flat

"Pragtige plekkie met die mooiste see en strand. Geniet die winkeltjies en snuisterye!"

Paternoster

Pebbles

"If you are looking for a place to put your feet up, braai, walk on the beach and drink lots of wine, this is the place for you."

Paternoster

Onse Huisie

"I think it's becoming overdeveloped and fast! The new proposed area with 400 stands? Soon a mall will follow? And the that small town atmosphere will be gone - just like Yzerfontein used to be like!"

Paternoster

Cala Mondrago

"Paternoster is pragtig!"

Paternoster

Onse Huisie

"Karaktervol met heerlike restaurante en baie bekoring."

Paternoster

Carpe Diem

"Mooi dorp."

Paternoster

Seekat

"Beeldskoon."

Paternoster

Paternoster Hotel

"Parternoster Hotel se kos is uitstekend en baie van die ander hotelle in die Weskus kan by hulle leer. Dankie vir julle goeie diens. "

Paternoster

Bokkoms Guest Flat

"Meer stalletjies, museum met geskiednis van Paternoster. "

Paternoster

Paternoster Place

"Paternoster kan gerus 'n kitsbank of twee aanskaf, en dalk 'n SPAR. Dit sal die in-en-uitry na en van Vredenburg uitskakel. Paternoster is een van my gunstelingvakansieplekke so ek geniet nogal die eenvoudige leefstyl daar."

Paternoster

Tietiesdraai

"Een van ons gunsteling Weskusdorpies."

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Paternoster is 'n plek wat jy ten minste een maal in jou lewe moet besoek. Maak so voor dit te veel ontwikkel. Die dorpie is pragtig en die strande skoon. Jy kan gemaklik op die strand stap. Nooit onveilig gevoel nie. Daar is heelwat restaurante van goeie gehalte en jy hoef glad nie kos te maak nie."

Paternoster

Sandals

"Die locals roei die kreef uit en die polisie hou hulself blind vir die verkoopsmanne langs die pad! Dit was baie hartseer om te sien hoe openlik hulle met hul sakke vol kreef loop en verkoop, en hoe die polisie ander pad kyk as hul verby hul ry."

Paternoster

Paters Haven BnB & Self-Catering

"Lovely quaint village. Perfect for a few days to relax. "

Paternoster

Gonana Studios & Villa

"Heerlike restaurante. "

Paternoster

Paternoster Place

"Lief Paternoster, nuwe blikkies uitstekend en Gaaitje se kos is heerlik!"

Paternoster

Roosmarijn Guest House

"Paternoster het daardie tipiese Weskus karakter wat jou gemoed kalmeer met sy rustigheid en verras met sy versteekte skatte. Neem gerus 'n oggend wandeling deur die dorpie en geniet die vars lug, sonskyn en klassieke boustyl van die huisies. Gaan stap laat middag langs die see en verken die strandgebied. Staan stil en neem die sonsondergang in voordat julle een van die seekosrestaurante besoek en ware Weskus-hartlikheid ervaar. Beslis 'n bestemming om minstens een keer te besoek - Julle sal graag weer wil terugkeer vir meer!"

Paternoster

Paella

"Die kreefsmouse was baie erg. Ons het net gestop by ons verblyf toe staan daar al een agter die kar. Orals waar jy stop by 'n winkel of naby die strand klim hul amper binne in jou kar. Paternoster is ongelooflik mooi met sy pragtige strand en al die mooi wit huisies, maar sal nie op hierdie stadium ooit weer daar slaap nie. Die kreefsmouse maak dit net baie ongemaklik al kom ons van Gauteng af en is gewoond aan bedelaars en smouse. "

Paternoster

Strandlopertjie

"Paternoster is a wonderful weekend getaway. Lots of lovely places to eat and shop. Beaches are gorgeous."

Paternoster

Paternoster Hotel

"We loved Paternoster and will definitely visit again."

Paternoster

Tietiesdraai

"Paternoster is 'n goeie toeristebestemming; baie besoekers; moeilik of onmoontlik om plek te kry om te eet by restaurante, want almal is meestal volbespreek... Seker maar as gevolg van die seisoen, maar ek het nie klagtes nie. Paternoster is vir my baie lekker en sentraal. Ons ry baie rond. Ek dink nie dis die ideale plek vir 'n swemvakansie nie."

Paternoster

At the Beach 1

"Ons het die plaaslike mense baie vriendelik gevind, maar het koue en soms onbeskofte diens by toeriste-aantreklikhede ervaar. Oep ve Koep sien ons byvoorbeeld nie weer nie, en nie net omdat hul pryse astronomies beledigend is nie."

Paternoster

Jongnooientjiesfontein

"Een van die beste plekke ooit."

Paternoster

Paternoster Place

"Ons het die lekkerste Weskusdisse (oesters, kerrievisbredie en wildspastei) geniet by die Square Spoon. Daar is ook baie buitelanders wat die klein dorpie besoek het, dus bespreek vroegtydig. Ons het by 3 ander restaurante aangeklop wat almal vol bespreek was. By die vierde ene was daar gelukkig 'n kansellasie. Verder, herinner die boustyl van al die huise in die dorp mens aan 'n Griekse dorp. Die water is leeukoud. Hier kom eet, drink en ontspan jy. Voete was 10 sekondes in die water, dan begin dit pyn."

Paternoster

Ahoy Cottage 4

"Paternoster is 'n pragtige plek, maar maak net seker in watter deel van die dorp jy bespreek ... jou buurman versteur dalk die rus en vrede met harde musiek; onaardige rookreuke; kuiergaste en geskel en skree waarvoor ek as vakansieganger glad nie lus gehad het nie, maar sal beslis weer teruggaan om dit behoorlik te geniet."

Paternoster

Crayfish Catcher

"Paternoster het ongelooflike eetplekke en winkeltjies, en wat so eie is, is die vissermanne soggens. Die lekkerste van die hele vakansie op Paternoster was die dames wat vis bak by On the Rock-kafee - dis so billik en heerlik. Knap gedaan, Paternoster!"

Paternoster

Paternoster Manor

"Book your restaurants well in advance or you will not get a table easily, especially in December. Most restaurants are closed over Christmas and New Year."

Paternoster

Antaris - Duplicate

"Dis jammer oor die veiligheidsrisiko."

Blad
Blad 65 - Wys 1921 tot 1950
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem