Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Escarpment

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escarpment bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 1579 resensies.

Dullstroom, Platorand

Delagoa Dullstroom Cottage

"Daardie roofvoël plek is 'n moet. Wonderlike skoon dorpie! "

Dullstroom, Platorand

WonderWaters Tonteldoos

"Eerlikwaar, dit was vir ons en ons honde die wonderlikste plek, ons beplan om terug te gaan. Ons wens elke dag om terug te kon wees! "

Dullstroom, Platorand

The Rose Cottage B&B

"Effe vervelig. Ek sal nie langer as 'n naweek kan bly nie. Goeie bestemming vir hengelaars, maar te min te doen vir gewone mense. Gaan soontoe as jy wil niks doen nie en baie rus."

Dullstroom, Platorand

Charilo Guest House

"Te veel van dieselfde stalletjies."

Lydenburg, Platorand

Black Leopard Camp

"Wat ons gesien het van die natuurskoon om Lydenburg was baie mooi."

Dullstroom, Platorand

Muddlers Minnow

"Lekker naweek-wegbreek, maar nie langer as dit nie. 'n Besoek aan die roofvoël-park en die vlieg-"show" moet beslis op jou program wees - 'n groot hoogtepunt. "

Dullstroom, Platorand

The Gables Dullstroom

"Besoek gerus die "Bird sanctuary", dit was iets spesiaals! Asook die whiskey en chocolate tasting. Mrs Simpson was vir ons die beste restaurant in die omgewing. (Ook lekker ontbyt by Harrie's Pancakes.) "

Dullstroom, Platorand

Knock Out

"Die eetplekke is heerlik en bied waarde vir geld maar die winkels is gemiddeld tot onder gemiddeld. "

Dullstroom, Platorand

The Gables Dullstroom

"Baie om te doen, mense baie gasvry."

Dullstroom, Platorand

WonderWaters Tonteldoos

"Puik toeristebestemming met asemrowende uitsigte en weg van die stad af."

Dullstroom, Platorand

Treelands Estate

"Kuier ten minste een naweek per jaar in Dullstroom. Puik bestemming, onthou net om vir aandete te bespreek by die meer bekende eetplekke. Hoogtepunte: Charlie C en Mayfly restautante, met die topbestemming Anvil Craft Beer net voor jy Dullstroom verlaat, in die rigting van Lydenburg."

Dullstroom, Platorand

Muddlers Minnow

"Het die heerlikste aandete by Ms Simpsons geëet. "

Dullstroom, Platorand

Tweedekans Game Farm

"Bietjie overrated, maar ons het ons dag geniet. "

Dullstroom, Platorand

Stone-Fly Guesthouse

"Lekker kuier-dorpie, weg van die besige lewe."

Dullstroom, Platorand

Muddlers Minnow

"Really a great place to stay and we will definitely return."

Dullstroom, Platorand

Delagoa Dullstroom Cottage

"Die lieflikste aftreedorpie. "

Dullstroom, Platorand

The Gables Dullstroom

"Dullstroom is a great destination, with lots of great places to eat and lovely shops."

Dullstroom, Platorand

Muddlers Minnow

"Het dit geniet en sal weer gaan."

Dullstroom, Platorand

Cpirit Country Haven Dullstroom

"Dullstroom is baie mooi en vir 'n naweek baie lekker om uit die stad pad te gee. Ons het lekker rondgeloop en ontspan."

Kwena Valley, Platorand

Forest Creek Lodge & Spa

"Die Kwena Vallei is 'n baie onbekende toeristebestemming. Dis werklik pragtig. "

Dullstroom, Platorand

The Outpost Dullstroom

"Was my eerste besoek, het baie meer verwag, het oukersdag daar aangekom, omtrent geen winkel was oop nie, geen eetplek was oop nie, en ons het niks gehad om te eet nie net beskuit, maar The Outpost se atmosfeer het opgemaak daarvoor. Almal so bohaai gemaak oor Dullstroom, maar ek glo nie ek sal dit gou weer besoek nie."

Blad
Blad 49 - Wys 1441 tot 1470
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem