Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Daar is beslis baie ruimte vir verbetering. Altyd groot lekkerte om in Clarens te kuier."
"Clarens is 'n pragtige dorp met baie goed om te doen, te sien en te koop. Het dit baie geniet!"
"Ons kon nie veel doen in Parys nie omrede ons net vir 'n kort tydperk daar was vir 'n troue en met die baie reën was dit nog moeiliker om alles te besigtig wat ons wou. Die winkeltjies in die hoofstraat het ons dadelik beïndruk. Ons het net baie slaggate gehad in die pad wat ons moes ry na The White Giraffe, Schilbach Street. Hoop ons kan weer eendag terugkeer na Parys om langer tyd te spandeer."
"Waverley is 'n wonderlike woonbuurt met groot bome, mooi huise en goed versorgde tuine. Die feit dat dit aan die kant van die dorp is en naby die hoofweg maak dit 'n besondere goeie ligging vir oornagverblyf. Daar is ook 'n sentrum naby met lekker restaurante en winkels."
"Baie klein dorpie met nie veel wat aangaan nie. Moet 'n ent uit die dorp ry om regtig iets te sien."
"Mal oor die plek. Mense is gaaf. Ons sal weer Curry Bunnie Chow gaan een by Artist's Cafe en Bobotie by Die Kooperasie. Baie lekker gewees."
"Clarens is baie gefokus op die toeristemark, so dis bietjie duur om iets daar te koop. Nie al die winkeltjies nie, maar wel meeste van hulle. Die dorpie self is mooi en die berge in die omgewing (Golden Gate) is asemrowend."
"Toestand van strate baie sleg. Die mense met wie ons te doen gehad het baie vriendelik en behulpsaam. Jammer dat die dorp, soos soveel plattelandse dorpe, so agteruit gegaan het."
"Clarens is koning en staan glad nie terug vir enige ander toeristedorpie in SA nie. Selfs die pad vanaf Gauteng is opgradeer en jy kan nou maklik in net meer as 3 ure vanaf Pretoria na Clarens reis! Die enigste kritiek t.o.v. ons besoek aan Clarens was dat die braaihout, sowel as kaggelhout, wat ons by die onderste petrolstasie gekoop het, grasgroen, en dus onbruikbaar was! "
"Meeste winkels onbetaalbaar duur, maar pragtige dorpie om deur te loop."
"Vriendelike en opregte inwoners. Voel soos familie. "
"Dis 'n pragtige dorpie en baie rustig. Sal graag weer daarvan gebruik wil maak."
"Clarens is 'n baie oulike dorpie. Dit was ons eerste keer daar, het deur die Golden Gate Nature Reserve gaan ry, was baie mooi en kon soveel mooi foto's neem. Sondag het ons deur die dorp gaan stap. Dit was so lekker en mens voel so veilig! Daar is baie winkels om te besoek en al die winkel eienaars en/of assistente is so vriendelik en behulpsaam. Was 'n plesier om 'n naweek daar te spandeer!"
"Daar is baie om te doen en sien in Heilbron, veral verwysende na geskiedkundige gebeure en plekke!"