Resensies van Free State

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Free State bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.35 uit 5 gekry volgens 6645 resensies.
Barbara V. - 2nd April 2018
staying in Bethlehem, Vrystaat
Net so koud soos ek onthou. Munisipaliteit moet dringend aandag gee aan die slegte paaie van die dorp.
Ronel K. - 2nd April 2018
staying in Parys, Vrystaat
Baie om te sien kuns gewys, maar paaie het baie slaggate. Ook baie vullis wat al langs die rivier rondlê.
Jp B. - 2nd April 2018
staying in Welkom, Vrystaat
Baie lekker atmosfeer en fantastiese gasvryheid. Ons het dit baie geniet. Baie dankie.
Lynette D. - 2nd April 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n lieflike klein dorpie om na te ontsnap om van die gejaag en geraas van die stad.
Yves P. - 2nd April 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lekker plek om te kuier. Die omgeving is baie mooi.
Wouter H. - 2nd April 2018
staying in Parys, Vrystaat
Eetplekke is duur!
Hans S. - 1st April 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Baie mooi plek, afgesien van al die slaggate in die strate, asook straatligte wat nie geduurende die nag brand nie. Slaggate in die strate kort vir seker dringende aandag.
Elizna Z. - 31st March 2018
staying in Langenhovenpark, Vrystaat
Mooi buurt met rustige atmosfeer.
Elsabe D. - 30th March 2018
staying in Vrystaat
Mooi.
Casper S. - 30th March 2018
staying in Park West, Vrystaat
Baie rond bewegende studente, maar rustig. Naby koopsentrums. Naby hoof toegangsroetes. Goed geleë.
Cassie C. - 30th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
As jy nie gaan na Clarens nie. Mis jy uit.
Vicky V. - 28th March 2018
staying in Heilbron, Vrystaat
Dit is nie te ver uit Johannesburg.
Lorna B. - 28th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Hierdie is my aftreedorp! Rustig en besig genoeg en die atmosfeer en uitsig is iets uit die wêreld.
Penny S. - 27th March 2018
staying in Rosendal, Vrystaat
This was our second visit to the beautiful Rosendal - we just love it!
Ben S. - 27th March 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Die gate in die paaie is 'n uitdaging! Dis so mooi ou dorpie wat 'n heerlike bestemming kan wees as die munisipaliteit tog maar net wil wakker word. Gelukkig is daar 'n Spar en oulike restaurante nie ver van die gastehuis.
Kathy B. - 27th March 2018
staying in Bloemfontein, Vrystaat
Nie vir my nie, miskien vir ander mense 'n lekker plek, baie geskiedkundige plekke om te besoek, net te besig vir my hou nie van verkeer nie.
Bronwyn P. - 27th March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Yes, please keep the unspoiled old world aspect to this town Don't make it another Dullstroom or Pilgrims Rest. The people here are so accommodating and friendly. More importantly not greedy!
Alexandra S. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Our favourite get away place for a long weekend away from the city lights, beautiful mountain walks, lovely little shops and great food.
Anriette V. - 26th March 2018
staying in Harrismith, Vrystaat
Hulle moet dalk net hulle slaggate regmaak, kan 'n mens se kar lelik beskadig, veral as jy nie die strate ken nie.
Monique F. - 26th March 2018
staying in Deneysville, Vrystaat
Interessante plekke om te besoek. Mense baie behulpsaam. Paaie in ‘n slegte toestand.
Juanita V. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
'n Stukkie weggesteekte genot.
Roelane P. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ons love Clarens!
Carlene E. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Lieflike, skoon en netjiese dorpie. Ontspanne atmosfeer en baie vriendelike mense. Baie winkeltjies om deur te stap en heerlike eetplekke. Lieflike natuurskoon.
Jaco M. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Ons het vir 2 dae, van aankoms aanhoudende reën gekry, sal net graag 'n afdak wou hê waaronder ons sou kon braai. Die stoepe is ongelukkig net met skadunet ingerig. Ons is mal oor die groot glas-voudeure wat kan oopmaak sodat jy voel jy word deel van die pragtige landskap.
Christo V. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Die beste wegbreek dorpie in Suid Afrika.
Alida M. - 26th March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Ons wou graag die dorpie bietjie gaan verken voor ons verder reis, maar teen 08:30 was die meeste plekke nog toe.
Cornél O. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n pragtige dorp, omring met berge.
Christel L. - 26th March 2018
staying in Fichardt Park, Vrystaat
Really nice area, centrally located and safe.
Christi D. - 26th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Clarens is 'n moet om te besoek. Lekker koue bier en warm vars koffie oral beskikbaar. Die mense is vriendelik en verwelkomend. Winkeltjies miskien meer bekostigbaar vir internationale toeriste. Maar ons het ons kuier vreeslik geniet en sal dit aanbeveel.
Louis G. - 25th March 2018
staying in Bethlehem, Vrystaat
Heelwat besienswaardighede in en om Bethlehem.
Pierre L. - 25th March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Hierdie plek moet nog meer amazing wees as dit sneeu!
Roland N. - 24th March 2018
staying in Rouxville, Vrystaat
Die strate behoort aandag te kry.
Mada R. - 23rd March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Altyd 'n plesier om Parys te besoek, maar die strate gaan alweer agteruit, te veel slaggate!
Maxi V. - 23rd March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Strate is baie donker, buite ons beheer.
Chrisna C. - 22nd March 2018
staying in Parys, Vrystaat
Nie geweet al die eetplekke is toe op 'n Maandag! Maar ek is baie in my skik oor die Spur in Parys! Was skoon en netjies met goeie diens!
Rudi En Margriet K. - 22nd March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Pragtige omgewing, oulike winkels en heerlike eetplekkies naby Golden Gate.
Debbie B. - 22nd March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Tranquil and beautiful. 4 seasons in 1 day but loved every moment.
Dennis H. - 22nd March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
As jy net na die winkels wil kyk is dit goed vir 'n een dag besoek.
Pieter B. - 22nd March 2018
staying in Clarens, Vrystaat
Juweel in die Oos-Vrystaat, en die ligging tussen die berge, al die winkels en eet-plekke (dankie tog geen franchise eetplekke nie) maak dit 'n ideale naweek wegbreek.
Theunis P. - 22nd March 2018
staying in Dan Pienaar, Vrystaat
Naby Prellerplein en ander fasiliteite.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]