Geverifieerde Resensie
Wild Frontier
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Wild Frontier bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 1919 resensies.
"Quiet, peaceful and beautifully green. Roads in a few places can be bit of a challenge but it's understandable after all the rain that's fallen of late."
"Die eetplekkies in Marloth het maaltye om enige iemand se smaak te temper. Die slaghuise het ook 'n groot verskeidenheid vleissnitte vir 'n lekker braai. Die wildkyk is natuurlik waarvoor almal gaan en ons het 'n luiperd gewaar."
"Te veel bouwerk aan die gang, dit gaan eendag nie meer 'n park wees nie, maar 'n dorp met te min diere en te min water."
"Dis naby genoeg aan die wildtuin, hoef ook nie wildtuin toe te gaan nie. Daar is genoeg diere in Marloth."
"Baie lekker, maar buitensporig baie voetgangers op hoofpad en tussen huise vanaf Vrydag tot selfs Sondag."
"Daar kan bietjie meer goed in die winkel wees ─ daar is nie altyd wat jy wil hê nie, byvoorbeeld daar was nie witbrood nie. Maar dit is 'n pragtige plek!"
"We love visiting Marloth Park. We see a lot of animals without having to go into the Kruger."
"Sou graag sien dat daar 'n behoeftebepaling gemaak word deur besoekers en dan daarvolgens 'n komitee stig wat omsien na daardie behoeftes. Ook dalk strenger toegangbeheer om ongewensde elemente te beperk of te monitor. Hoekom dit nie eksklusief hou nie, dit is 'n unieke plek. Pasop vir oorbehuising!"
"Met die baie reënval was baie grondpaaie verspoel. Met 'n gewone motor sal dit baie moeilik wees om rond te ry, veral langs die rivier."
"Fantastiese vakansiebestemming! Die rustigheid van die natuur en bosgeluide maak dit 'n baie spesiale bestemming waarna ons keer op keer sal terugkeer."
"Baie lekker plekkie, die enigste probleem is die paaie, dit het wel baie gereën, en dit kon lei tot die verspoelde paaie. Mense met lae voertuie sal nie sommer daar kan ry nie."
"Die paaie kort beslis aandag! Dit was vir ons stadsjapies baie moeilik om met 'n gewone voertuig oral te kon ry. Maar die algehele ervaring was regtig wonderlik!"
"Lief die natuur en het self 'n huis in Marlothpark gekoop verlede jaar. Voorheen bekend as Migrate Bush House."
"Was teleurgesteld by die hoofhekke. Jy kan sommer net inry en dit beteken enigeen kan sommer net ingaan. Vorige kere kon jy net ingaan as jy 'n permit het. Olifantstraat sal ek ook nie in bly nie. Te veel voete en mense wat langs die pad sit en selfs alkohol drink. Hoop as ons in die winter gaan dat die park strenger reëls sal hê wat dit aanbetref. Verder is die park pragtig!"