Naweekwegbreke naby Johannesburg
Lisa Croeser, 3 Maart 2022
Leestyd: 5 minute
Soos gesien op Maroela Media
Johannesburg is ’n reusestad met ’n hele rits aktiwiteite om te geniet, maar dit kan maklik te veel raak vir diegene wat na stilte, rustigheid en ’n wegkomkans smag. Daarom het LekkeSlaap dié lysie vir Gautengers saamgestel met tien lekke plekke wat ideaal is vir ’n naweekwegbreek uit die besige stad.
Mount Savannah Game Reserve
70 kilometer vanaf Johannesburg

Mount Savannah Game Reserve is perfek vir paartjies met jong kinders wat op soek is na ’n blaaskans uit die stad. Hier kan julle ’n pragtige chalet bespreek en heel naweek langs die swembad rus, terugkeer na die natuur op ’n wildrit of die Wieg van die Mensdom verken. Daar is ook ’n boma, plonspoel en ’n gemeenskaplike kombuis op die perseel.
Ontbyt en een wildrit is ingesluit!
Aktiwiteite op die perseel: Voël- en wildkyk, fietsry en swem
Aktiwiteite naby: Perdry, kunsvlieg- en forelhengel, wildkyk en fietsry
Kliek hiér vir die tariewe.

Seasons Golf, Leisure and Spa
88 kilometer vanaf Johannesburg

Is jy lus om vir ’n slag saam met ’n lekker groep mense uit die stad te ontsnap? Wel, kry jou groepie bymekaar en vat die pad na Seasons Golf, Leisure and Spa, wat rustig lê en wag om verken te word. Hier kan julle tot vier slaapkamers met ’n kuierarea bespreek en ’n luilekker gholfnaweek geniet, by die spa ontspan of heerlik in die boma kuier. Verken ook die Hartbeespoortstreek met al sy aktiwiteite soos riviervlotvaar en abseil.
Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, fietsry en swem
Aktiwiteite naby: Voëlkyk, riviervlotvaar, abseil, perdry en wildkyk
Kliek hiér vir die tariewe.

ATKV Buffelspoort
120 kilometer vanaf Johannesburg

ATKV Buffelspoort bied ’n rits verblyf-opsies soos rondawels, woonstelle, tenthuise, kampplekke en ’n villa. Hier is nie net verskeie blyplekke wat elke gesin, vriendegroep of paartjie sal pas nie, maar ATKV Buffelspoort spog ook met ’n lang lys aktiwiteite wat elke lid van jou reisgroepie sal besig hou. Dit sluit binne- en buite-swembaddens met warm en koue water, Jacuzzi’s, putt-putt, ponieritte, vlugbal, ’n sportkroeg en skoonheidsalon in. Sun City is net 80 kilometer van dié oord af!
Aktiwiteite op die perseel: Perdry, voëlkyk, tennis, swem, wipmatte, snoeker- en pooltafels en gholfspeel
Aktiwiteite naby: Voël- en wildkyk
Kliek hiér vir die tariewe.

The Ancient Copper Shed
140 kilometer vanaf Johannesburg

The Ancient Copper Shed is net tien kilometer buite Potchefstroom en spog met twee unieke troeteldiervriendelike eenhede wat slaapplek vir vier en vyf gaste het. Vergeet van die stad se gedruis in dié eenhede wat elk ’n goed toegeruste kombuis het. Bring net julle klere en kos en kom ontspan op die stoep met ’n pragtige uitsig. Daar is natuurlik braaigeriewe en ’n buitestort in die tuin.
Aktiwiteite op die perseel: Wildkyk en perd- en bergfietsry
Aktiwiteite naby: Kunsvlieg-, baars- en forelhengel, swem, fietsry, perdry, begeleide wandelpaaie en wildkyk
Kliek hiér vir die tariewe.

The Kingdom Resort
170 kilometer vanaf Johannesburg

As jy op soek is na ’n bietjie sielsrus, nie te ver wil ry nie en ook wil seker maak die hele gesin gaan besig bly, kan jy nie verkeerd gaan met The Kingdom Resort nie. Die oord is ’n bron van oneindige pret en plesier vir jonk en oud. Die wooneenhede is netjies, die mense vriendelik en die kos smaaklik. Ouers kan uitsien na spa-behandelings en die kinders na ure se pret op die waterwurms. Moenie op jou laat wag nie, kom skep herinneringe wat ’n leeftyd sal hou!
Aktiwiteite op die perseel: Swem en bergfietsry
Aktiwiteite naby: Wildkyk, swem, bergfietsry en begeleide wandelpaaie
Kliek hiér vir die tariewe.

Riverman Cabin
260 kilometer vanaf Johannesburg

Riverman Cabin bied verblyf in steen-, grasdak- of houthutte met slaapplek vir twee tot tien gaste. Die hutte is vir selfsorg toegerus, maar daar is ook ’n restaurant en ’n kroeg op die perseel. Troeteldiere is welkom en daar is heerlike braaigeriewe. ’n Skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar, so hiér kan julle nét ontspan en die uitsig geniet.
Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk en kunsvlieg- en forelhengel
Aktiwiteite naby: Perdry, baarshengel en fietsry
Kliek hiér vir die tariewe.

Willow Villas
300 kilometer vanaf Johannesburg

Willow Villas is op Clarens se gholflandoged geleë. Hiér kan julle een van vier selfsorg-villas, wat geskik is vir vier gaste, bespreek. Oorweeg dit om sommer meer as een villa te bespreek en nóg vriende en familie vir ’n rustige wegbreek op dié landgoed te nooi. Die villas spog elk met ’n lekker braai en meubels op die dek.
Moenie vergeet om Clarens in te vaar en al dié dorpie se kuns, uitsigte, bierbrouerye en avontuur-aktiwiteite te verken nie.
Aktiwiteite op die perseel: Voëlkyk, fietsry en begeleide wandelpaaie
Aktiwiteite naby: Perdy, visvang, wildkyk, swem, tennisspeel en kunsvlieg- en forelhengel
Kliek hiér vir die tariewe.

Nou ja toe, kies vir jou ’n lekke plekkie en herlaai daardie batterye ver van die stad se gewoel!
Hooffoto: Mount Savannah Game Reserve








