Keer jou bankbalans jou om ’n droom-safari in die Krugerwildtuin te bespreek? LekkeSlaap het die oplossing! Kom bly eerder in een van dié ses dorpies en beplan dan ’n behoorlike daguitstappie vol wildritte en padlangs-pieknieks in die park. Dié dorpe is almal minder as 60 minute se ry van die park af en bied sakpasverblyf vir die hele gesin!

Hazyview is in die hartjie van die Kruger-Laeveld tussen subtropiese vrugteboorde in Mpumalanga geleë. Dié dorp staan bekend as die poort tot die suidelike deel van die Krugerwildtuin én die skouspelagtige Panoramaroete ─ enige avontuurlustige natuurliefhebber se droom! Buiten die feit dat Hazyview so naby die wildtuin is, is dit ook die dorp met van die beste restaurante en die meeste hotelle in die Laeveld.

Ander doendinge:

* Hazyview Olifantpark
* Zipline en boomtoptoere by Skyway Trails
* Natuur- en wildtoere
Perry’s Bridge Reptielpark
Shangana Kultuurdorpie
* Uiteet by restaurante soos Pioneer’s Grill en Kuka Restaurant and Cocktail Lounge
Lowveld Mall (grootste winkelsentrum in Mpumalanga)
Summerfields Rose Spa, Body Bliss Day Spa of Cellu-Beauty Spa
* Vierwielmotorfietsry, verfbal en riviervlotvaart by Idle & Wild
* Abseil, boogskut, voetslaan, kajakvaart, bergfietsry en tjoepry
* Segway-toere
* Warmlugballon- en helikoptervlugte

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Hazyview!

Marloth Park is ’n wildtoevlugsoord en vakansiedorpie wat net deur die Krokodilrivier en die Krugerwildtuin se suidelike grens in Mpumalanga geskei word. Vier van die Groot Vyf kom in die dorp se wildreservaat, Leeuspruit, voor en die res van die wild loop vrylik tussen die huise rond. Jy kan sommer op jou voorstoep sit en wildkyk! Maar as jy lus is vir rondry en ’n behoorlike wildrit, is die Kruger letterlik net om die draai.

Ander doendinge:

* Bergfietsry op die netwerk van grondpaaie
* Voetslaan deur die Afrika-bos
* Wildkyk langs die Krokodilrivier op ’n oop voertuig met vonkelwyn en kaas
* Vierwielmotorfietsry met Letubi Quad Biking
* Ontspan by Slide Health Spa
* Uiteet by die gesellige gesinsrestaurante in die dorp
* Mikrovliegtuigvlugte by Kwa Madwala Private Game Reserve naby die dorp

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Marloth Park!

Hoedspruit is ’n klein maar aktiewe toerisme- en landboudorpie in die Sentrale Laeveld in Limpopo tussen die Krugerwildtuin en die Blyderivierpoort. Dié dorp is omring deur een van die grootste privaat bewareas in die wêreld, asook mango- en sitrusplase. Dit is minder as ’n uur se ry van die naaste Kruger-hek af en daar is verskeie pakkette en toere om van te kies as jy nie jou eie vervoer het nie.

Ander doendinge:

Moholoholo Wildlife Rehab Centre, Hoedspruit Endangered Species Centre en Kinyonga Reptile Center
* Safari’s by omliggende wildlodges
* Fotografietoere
Africology Spa of die Godding & Godding Day Relaxation Spa
* Rondsnuffel by kunsvlytwinkels
* Inkopies en eet by 24 Degrees South
* Voetslaan en witriviervlotvaart
* Warmlugballonvlugte

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Hoedspruit!

Witrivier is ’n gewilde vakansie- en plaasdorp in die ooste van Mpumalanga wat omring is deur damme, woude, watervalle, voetslaanroetes en vrugte-, groente-, blom- en timmerhoutplase. Jy kan maklik ’n daguitstappie Krugerwildtuin toe beplan, maar as jy nie self wil ry nie is daar verskeie toerdienste wat jou sommer vir die dag sal deurneem. Verder is daar genoeg ander doendinge om die hele gesin mee besig te hou!

Ander doendinge:

Casterbridge Lifestyle Center met sy rolprentteater, kunsgalerye, teater, motormuseum en restaurante
* Wynproe en toer by Rottcher Wineries
Freyja Holistic Wellness and Day Spa
* Gholfspeel by White River Country Estate
* Sjokolades koop by Shautany Chocolatiers
* Trots Suid-Afrikaanse produkte koop by African Joy
Bagdad-plaasmark
* Voetslaan op een van die baie skilderagtige roetes

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Witrivier!

Alhoewel Graskop eers ’n goudmyndorp was, is dit deesdae hoofsaaklik ’n bosboudorpie op die Drakensberg-platorand. Dit is die middelpunt van die prentjiemooi Panorama-roete in Mpumalanga en is naby van ons land se mees skilderagtige besienswaardighede geleë. Buiten daguitstappies na die Krugerwildtuin kan jy dus maklik dié roete en merkwaardige dorpies soos Pelgrimsrus gaan verken.

Ander doendinge:

Panorama-roete: Bourke’s Luck Kolkgate, Berlinwaterval, Lisbonvalle, Die Drie Rondawels, Die Naald en God’s Window
* Piekniek by watervalle, soos Forest-, Mac-Mac- en Panorama-valle
* Daguitstappie na Pelgrimsrus
* 4×4-roetes, abseil, voetslaan, perdry, bergfietsry, helikoptervlugte en riviervlotvaart deur Trips SA
Africa Silks-plaas met sy syprodukte
* Toer en koffieproe by Austrian Coffee Estate
* Voëlkyk by die drie IBA’s (“Important Bird Areas”)
* Kloofswaai by The Big Swing
* Uiteet by restaurante soos The Glass House Restaurant en Potluck Boskombuis Restaurant
* Inkopies by die rits toeriste- en kunsvlytwinkeltjies
* Gholfspeel by Sabie Country Club

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Graskop!

Sabie is ’n bosboudorpie langs die Sabieriver tussen die Drakensberge in Mpumalanga. Buiten die talle watervalle en skouspelagtige bergpasse naby die dorp is dit ook omring deur een van die wêreld se grootste mensgemaakte woude. Dit is ’n mekka vir bergfietsryers en avontuurlustiges wat die magdom buitelug-doendinge sal geniet.

Ander doendinge:

Bosboumuseum
* Uiteet by die Smokey Train Diner of een van die dorp se talle restaurante
* Brouerytoer en bierproe by Sabie Brewing Company
* Inkopies by kunsvlyt- en boekwinkels
* Voetslaan en bergfietsry op een van baie roetes
* Wandelings na watervalle soos Sabie-, Lone Creek-, Bridal Veil- en Horse Shoe-valle
* 4×4-roete na die Mac-Mac Piek
* Selfryroetes op omliggende bergpasse soos Long Tom-pas
* Kunsvlieghengel, perdry, vierwielmotorfietsry, witriviervlotvaart, rotsklim, abseil en voëlkyk
* Gholfspeel by Sabie Country Club

Bespreek sommer nou jou sakpas-blyplek in Sabie!

As jy dié winter nog wil gaan wildkyk is dit slim om sommer nou al jou wegbreekplek naby die Krugerwildtuin te bespreek! Kliek gerus op die skakels hieronder om verblyf by dié ses bestemmings te bespreek:

Hazyview | Marloth Park | Hoedspruit | Witrivier | Graskop | Sabie

Hooffoto: Pezulu Tree House Game Lodge 

Verwante blogs: 

Die Panorama-roete vir platsakke | 18 Redes (foto’s) om Mpumalanga te besoek … | 5 Redes vir winter-wildkyk | Pelgrimsrus: ’n delwersdorpie in die bosveld | 10 Wildkyk-Wenke