Die plaaslike toerismebedryf maak dit soms moeilik vir dié van ons wat rande verdien om die juwele in ons eie land te besoek. ’n Uitstappie na die Krugerwildtuin, of selfs net middagete op Tafelberg, kan bitter duur wees. Maar as ’n mens jou huiswerk doen, is dit wel moontlik om Suid-Afrika se mooiste plekke te besoek sonder om aansoek te doen vir ‘n tweede verband op jou huis. Besoek die Panorama-roete saam met LekkeSlaap! Ons het ’n paar billike blyplekke opgespoor en ons vertel jou ook sommer langs die pad van al die gratis besienswaardighede op hierdie pragtige roete.

God’s Window

God’s Window naby Graskop is ’n asemrowende uitkykpunt op die Drakensberg se platorand. Die kranse troon 700 m bo die Laeveld uit en op ’n helder dag kan ’n mens die Lebomboberge op Mosambiek se grens gewaar!

Bourke’s Luck Potholes

’n Netwerk van voetbruggies stel besoekers in staat om die reuse kolkgate wat die Treur-rivier oor duisende jare hier uitgekerf het, behoorlik onder oë te kry. Hierdie geologiese wonder naby Sabie is vernoem na Tom Bourke wat oortuig was dat daar goud in hierdie omgewing se gesteentes geskuil het.

Mac-Mac-waterval

Mac-Mac naby Sabie is vernoem na al die Skotte wat hierheen gestroom het gedurende die goudstormloop in 1873. Die oorspronklike waterval het in twee strome vertak toe goudgrawers ’n gedeelte van die krans opgeblaas het om by die rif uit te kom.

Lisbonwaterval

Lisbonwaterval naby Sabie is 94 m hoog en is vernoem na die hoofstad van Portugal. Dit is een van die hoogste watervalle in Mpumalanga.

Berlinwaterval

Hierdie pragtige waterval tuimel oor rooi kranse en is definitief a besoek werd! Kom kyk ’n bietjie na hierdie stukkie swaartekrag in aksie naby Sabie.

Blyderiviercanyon

Die Blyderiviercanyon is 25 km lank en het ’n gemiddelde diepte van 750 m. Dit is die grootste groen canyon in die wêreld en bestaan uit rooi sandsteen. Hierdie natuurwonder naby Sabie is ook die tweede grootste canyon in Afrika (die Visriviercanyon is die grootste).

Drie Rondawels

Die Drie Rondawels naby Sabie is die mooiste landteken in die Blyderiviercanyon en moet definitief hoog op jou emmerskoplysie wees!

Verblyf

Sakpas-blyplekke nét vir jou!

Graskop

Rustique bied 3 rustieke gastekamers loopafstand van verskeie winkels en restaurante af.
Bespreek ’n volledig toegeruste chalet by Blue Swallow naby aan Graskop se sakekern.

EBL se ruim chalets bied slaapplek vir die hele gesin en is lekker naby aan Graskop se restaurante en winkels.

Sabie

Hettie se Plekkie is ’n selfsorgwoonstel met ’n heerlike braaiplek waar jy ’n vleisie op die vuur kan gooi na ’n dag van avontuur.
2 Palms Guest House bied gerieflike verblyf met ’n luisterryke uitsig oor die dorp en die gholfbaan tot by die Sabievallei.
Merry Pebbles Resort bied chalets, hutte, kothuise en lodges aan die oewer van die Sabierivier. Al die eenhede het DStv en WiFi, en daar is ’n à la carte-restaurant op die perseel.

Witrivier

Hierdie plaasdorpie noord van Nelspruit in Mpumalanga is vernoem na die Emanzimhloperivier (“Emanzimhlope” beteken “wit waters” in Swazi) en die boere in die omgewing verbou tropiese vrugte, groente en blomme.

El Roi Guest Lodge word omring deur makadamia- en pekanneutboorde en altwee selfsorg-eenhede is volledig toegerus.

Stonecrop Lodge is net 5 km van Witrivier af en is ideaal vir bergfietsryers en watersport-entoesiaste.

Stonecrop Lodge is net 5 km van Witrivier af en is ideaal vir bergfietsryers en watersport-entoesiaste.

Klipkopje bied luukse selfsorgverblyf met ’n wonderskone uitsig oor die dam, berge en plantasies.

Pelgrimsrus

Buitelugliefhebbers stroom na Wild Forest Inn naby Pelgrimsrus om perd te ry, bergfiets te ry, vis te vang, te stap, die 4×4-roetes te verken en die volop voëllewe te aanskou. Moet ook nie vergeet om Pelgrimsrus self te besoek nie – die dorpie bars uit sy nate van geskiedenis.

So waarvoor wag jy? Beplan sommer nóú ’n vakansie op die mooiste roete in Suid-Afrika!

Al die akkommodasie-foto’s is gekry op die betrokke instansieprofiele op LekkeSlaap.co.za.