“Die Karoo is nie vir almal nie.”

Só sê my swaer wat hier boer op ’n plaas so groot soos ’n dorp, maar so stil en heilig soos ’n gebed vir reën. En hy is reg ─ die Karoo se groot ooptes is gestroop tot net die basiese. Dit gee egter vir jou en jou geliefdes tyd om weer tot verhaal te kom tussen die leë, roosgoud vlaktes en blou koppies wat laatmiddag in dié streek gedy. 

Nee, die Karoo is beslis nié vir almal nie, maar as dit vir jou is, het LekkeSlaap ’n paar afgesonderde kothuise wat so reg in die middel van nêrens is!

Snyderskloof Karoo Cottage

Naby Matjiesfontein

Snyderskloof Karoo Cottage

Dié kothuis is van klip wat in die veld gevind is gebou en is liefderik versier. Met ’n privaat swembadjie, pers vygiegesiggies tydens blommetyd, oop sterrenagte en die flikkervlam van kerslig, is dit die perfekte plek vir ’n romantiese wegbreek of vir ses vriende wat niks behalwe mekaar se geselskap soek nie.

Slaapplek: 6 gaste, geen kinders onder 12
Elektrisiteit: Nee, maar daar is ’n gasstoof, -yskasvrieskas, -geiser, olielampe en kerse.
Selfoonsein: Ja
Pad: ’n Voertuig met ’n hoë grondvryhoogte word vir die grondpad aanbeveel.
Ekstras: Linne en badhanddoeke word voorsien, die boorgatwater is drinkbaar en daar is ’n swembadjie en ’n kaggel/braaier.
Spesiale versoeke: Bring julle eie hout en swemhanddoeke saam.

Snyderskloof Karoo Cottage

________________________

The Place

Naby Ladismith in die Klein-Karoo

The Place

The Place bied verblyf in twee pragtige eenhede: die Red Rock-kothuis en die Studio wat op die bekende Roete 62 geleë is. Die kothuise is afgeleë, maar naby genoeg om die omliggende dorpies te verken en bied elkeen ’n swembadjie en ’n kaggel. 

Slaapplek: 6 gaste in elke eenheid
Elektrisiteit: Ja
Selfoonsein: Ja
Pad: Die kort grondpad kan met ’n gewone sedan-voertuig aangepak word.
Ekstras: Elke eenheid het ’n kaggel en ’n privaat swembadjie. Tuisgebakte olyfbrood is te koop. Troeteldiere is welkom indien gereël. Daar is bergfietsroetes op die plaas.

The Place

______________________

Waterval Farm-Stay, Paddadam

Graaff-Reinet

Waterval Farm-Stay

Paddadam is ’n bekoorlike klipkothuisie met ’n veldkombuis wat op die Watervalplaas buite Graaff-Reinet geleë is. Daar is ook ander oulike verblyfopsies op die plaas, maar as jy iets afgesonder en romanties soek, is Paddadam vir jou!

Slaapplek: 2 tot 4 gaste
Elektrisiteit: Nee, maar daar is kerse en lampies en ’n tweeplaat-gasstofie
Selfoonsein: Nee
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Die eenheid het ’n veldkombuis, braai en ’n kaggel. Troeteldiere is welkom indien gereël.

Waterval Farm-Stay

______________________

Hazenjacht Karoo Lifestyle – Migeal se Huis

Naby Oudtshoorn

Hazenjacht Karoo Lifestyle - Migeal se Huis

Migeal se Huis is op die N12 tussen De Rust en Oudtshoorn ─ twee van die Karoo se mooiste dorpies ─ en bied gaste die geleentheid om op die plaas te wandel, fiets te ry of eenvoudig om die vuurput te sit en kuier met ’n lekker bottel Karoo-wyn.

Slaapplek: 4 gaste
Elektrisiteit: Ja
Selfoonsein: Ja
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Daar is waaiers en ’n vuurput. Gaste kan op die plaas rondstap of fietsry.

Hazenjacht Karoo Lifestyle - Migeal se Huis

______________________

Die Skooltjie

Naby Beaufort-Wes

Die Skooltjie

Die Skooltjie is ’n pragtig opgeknapte kothuis buite Beaufort-Wes in die hartjie van die Groot-Karoo. Hoewel Beaufort-Wes ’n stopplek vir verskeie reisigers is, moet gaste langer as een aand in hierdie kothuis bly om die vriendelike eienaar se gasvryheid te ervaar, die diere op die plaas te voer en saam met die ganse in die sementdam langs die huis te swem.

Slaapplek: 4 gaste
Elektrisiteit: Ja, maar die stoof werk met gas.
Selfoonsein: Ja
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Die kothuis het ’n Dover-stofie, ’n sementdam om in te swem en ’n braai-area. Kinders kan die plaasdiere voer.

Die Skooltjie

______________________

Thornsprings

Naby Middelburg, Oos-Kaap

Thornsprings

Hierdie Karootuiste het dik mure van gesnede sandsteen en hoë plafonne wat die huis warm hou in die winter en koel in die somer. Met sy slaapkamers wat op die breë stoep oopmaak, groot plaaskombuis en sementswembad is dit ’n ware Karoo-gesinstuiste soos in vervloë dae en elke hoekie en draaitjie is liefderik versier. 

Slaapplek: 12 gaste
Elektrisiteit: Ja
Selfoonsein: Ja
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Die huis het ’n biblioteek, kaggels vol hout, ’n romantiese buitestort, ’n stoep wat rondom die huis strek, buitebraai, pizza-oond, gratis WiFi en ’n daaglikse skoonmaakdiens. Wildritte kan op die plaas geniet word.

Thornsprings

______________________

Linduli Lodge

Naby Cradock

Linduli Lodge

Linduli Lodge bied verblyf in A-raam-houthuise met ’n uitsig oor die Visrivier en op Cradock se berge. Die huisies is van eikebome gebou wat na meer as ’n honderd jaar deur ’n storm ontwortel is. Elke huisie het ’n balkon met ’n uitsig en daar is ’n sentrale lodge met ’n eetkamer en kaggel.

Slaapplek: 4 gaste (2 volwassenes en 2 kinders) per eenheid
Elektrisiteit: Ja
Selfoonsein: Ja
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Daar is tee- en koffiemaakgeriewe in elke eenheid. Maaltye kan by die lodge geniet word. Gaste kan in die berg gaan stap.

Linduli Lodge

______________________

Matjiesvlei Cottages

Naby Calitzdorp

Matjiesvlei Cottages

Matjiesvlei Cottages skuil aan die voorheuwels van die Swartberge in ’n vrugbare doodloopvallei buite Calitzdorp. Die drie kothuise is ten volle toegerus vir selfsorg en gaste kan op die perseel kunsvlieghengel, in die plaasdam swem en bergfietsry.

Slaapplek: 4 tot 6 gaste in elke eenheid
Elektrisiteit: Ja
Selfoonsein: Nee
Pad: Kan met ’n gewone voertuig aangepak word.
Ekstras: Linne, handdoeke en gratis WiFi word voorsien en daar is ’n buitebraai by elke eenheid. Gaste kan op die plaas kunsvlieghengel, baarshengel, fietsry, stap, voëlkyk en swem. Kinders onder 11 jaar betaal 50% van die deeltarief. Troeteldiere is welkom indien gereël.

Matjiesvlei Cottages

______________________

Klein Riviertjie

Buite Beaufort-Wes in die Groot-Karoo

Klein Riviertjie

Hierdie rustieke selfsorgkothuis ’n uur buite Beaufort-Wes spog met ’n Aga-stoof, ’n stoep wat gemaak is vir sit, hangstoele en ’n swembadjie (in die somermaande). Raak wakker met ’n lekker buitestort en stem jouself saans weer rustig om die buitebraai saam met jou geliefdes.

Slaapplek: 4 gaste
Elektrisiteit: Ja, maar daar is ’n gasstoof en -oond.
Selfoonsein: Nee
Pad: Doen asseblief navraag oor die grondpad voor die inklokdatum.
Ekstras: Die eenheid het ’n Aga-stofie, ’n privaat stoep met hangstoele, ’n swembadjie (in die somer), braaigeriewe en ’n buitestort. Gaste kan op die plaas stap en bergfietsry.

Klein Riviertjie

______________________

Kerneelia Kothuis

Naby De Rust

Kerneelia Kothuis

Kerneelia Kothuis is met liefde en toewyding aan ditjies en datjies uit die omgewing aanmekaar getimmer en bied die ideale Karoo-wegbreek net ’n paar kilometer buite De Rust. Die beste Karoo-gasvryheid, sonsondergang-perdritte met glühwein en geroosterde neute, ’n enorme stort en knus aande rondom die spekboom-boma wag op jou en jou geliefde.

Slaapplek: 2 gaste
Elektrisiteit: Ja, maar daar is ’n donkie-geiser
Selfoonsein: Ja
Pad: Kan met ’n gewone voertuig aangepak word.
Ekstras: Die eenheid het ’n smeulstofie, ’n boma-braaiplek en gewone braaiplek, gratis beperkte WiFi en ’n wynvatswembadjie. Perdritte tot op die nabygeleë koppie en ontbyt is op versoek beskikbaar. Botter, beskuit en melk word in die kothuis voorsien.

Kerneelia Kothuis

______________________

So, as die stadsgewoel jou teen die mure uitdryf, vlug na die stilte van die Karoo. Tussen die niks en die nêrens, groei die rus en vrede kniehoogte!

Hooffoto: Snyderskloof Karoo Cottage op LekkeSlaap