Bekoor Kaaps-Hollandse huise jou wanneer jy dit in die verbygaan sien? Het jy dalk al gewonder hoe mense eeue terug in dié ou huise gewoon het? Dis nóú jou kans om te gaan uitvind wat presies agter dié witgekalkte mure skuil! Kaaps-Hollandse geboue is ’n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis omdat Hollandse setlaars honderde jare terug dié geboue op vrugte- en groenteplase opgerig het. Hulle het basiese materiale soos plaaslike hout, klei, riete, skulpe en perskepitte gebruik en van die oorspronklike materiale is vandag nog sigbaar. Die dakgewel in die middel van die huis en bo die voordeur is tipiese Kaaps-Hollandse argitektuur en die huise het meestal ’n langwerpige vorm. LekkeSlaap het 13 van die mooiste Kaaps-Hollandse huise uitgesoek, sodat jy ook in dié pragtige plekke se erfenis kan deel.  

Oak Cottage and Manor House Rooms

As jy uit die stad se geraas wil wegbreek en tussen die wingerde, olyfboorde en berge wil ontspan, is Oak Cottage and Manor House Rooms nét die plek vir jou. Dié werkende plaas se rustigheid en asemrowende uitsigte sal jou beslis bekoor!

Waar: Franschhoek
Geriewe: Swembad, WiFi en kluis

Basse Provence Country House

Dié gastehuis wat in 1855 gebou is, is teen die hange van die pragtige Franschhoekberge geleë. Wanneer jy nie die sonderlinge Franschhoek verken nie, kan jy onder die 300 jaar oue eikebome ontspan en die historiese wynplaas se skoonheid geniet.

Waar: Franschhoek
Geriewe: Swembad, tuin, eerlikheidskroeg, konferensiegeriewe, braaiplek en WiFi

Leeu House

Leeu House se aandag aan detail beloof om jou asem weg te slaan en is ideaal vir ’n luukse, gerieflike wegbreek. Dié hotel is eksklusief en in die hartjie van Franschhoek geleë wat jou toelaat om heerlik te ontspan na ’n besige dag in die Kaapse Wynlande.

Waar: Franschhoek
Geriewe: Swembad, ontvangstoonbank, portierdiens, WiFi, restaurant en gimnasium

De Kleijne Bos Country House

De Kleijne Bos Country House sal jou terugneem na ’n vervloë era in ’n ou Kaaps-Hollandse huis wat in ’n luukse gastehuis omskep is. Dié huis is in 1692 opgerig en skuil in die hartjie van die Drakensteinvallei met talle besienswaardighede en asemrowende natuurtonele.

Waar: Paarl
Geriewe: Braaiplek, WiFi, swembad en kroeg

Grand Dédale

Grand Dédale is ’n prentjiemooi blyplek in die vallei onder die Bainskloofpas in Wellington en vorm deel van die area se ryk geskiedenis. Die huis dateer uit 1707 en dit was die eienaars van Doolhof Wynlandgoed se privaat woning wat opgeknap is om luukse en unieke verblyf te bied. Die aparte grasdakkothuis is ideaal vir ’n paartjie en daar is boonop ’n spa vir ’n heerlike bederf.

Waar: Wellington
Geriewe: Biblioteek, tuin, swembad, spa, proelokaal, braaiplek, speletjieskamer, restaurant en portierdiens

Diamant Estate

Rus en vrede heers by Diamant Estate en die uitsigte is ook nie te versmaai nie. Dié huis wat in 1821 gebou is, is die ideale verblyf as jy die Paarl en die omliggende Drakensteinvallei wil verken. Daar is ook ’n ou kapel en twee ander venues op die perseel ─ ideaal vir troues of funksies.

Waar: Paarl
Geriewe: Ondervloerse verhitting, rolstoelvriendelik, WiFi, braaiplek en konferensiegeriewe

Homestead at Oldenburg Vineyards

As jy op soek is na weelderige verblyf met ’n skilderagtige uitsig, sal dié historiese gesinshuis jou verwagtinge oortref. Die huis is opgeknap om moderne en gerieflike verblyf te bied in een van die mooiste dorpe in Suid-Afrika, naamlik Stellenbosch.

Waar: Stellenbosch
Geriewe: Tuin, braaiplek, swembad, kaggels, gimnasium, WiFi en ondervloerse verhitting

Weltevreden Retief Residence

Weltevreden Landgoed het ’n trotse erfenis en dié opgeknapte herehuis sal jou herinner aan ’n vervloë era. Die majestueuse Simonsberg en prentjiemooi Stellenbosch is die agtergrond van dié landgoed en dis sentraal geleë sodat jy die wynlande maklik kan verken.

Waar: Stellenbosch
Geriewe: Restaurant, WiFi, konferensiegeriewe en kroeg

The Oaks Estate

Dié bekoorlike plaasstyl-verblyf in Greyton is ’n natuurliefhebber se droom. Hiér kan jy ’n smakie kry van hoe ’n tradisionele vrugte- en beesplaas bedryf word, terwyl jy in een van die luukse suites met antieke meubels bly.

Waar: Greyton
Geriewe: Braaiplek, rolstoelvriendelik, WiFi, konferensiegeriewe en gimnasium

Augusta de Mist

Hierdie Kaaps-Hollandse gebou is ’n Nasionale Monument en spog met oorspronklike elemente wat oor die jare behoue gebly het. Die gebou is in 1802 opgerig en het dus ’n ryk geskiedenis. Die luukse kothuise is pragtig versier en die rusoord is die ideale plek om af te pak en jou batterye te herlaai.

Waar: Swellendam
Geriewe: Kaggels, swembad, wynkelder, WiFi, troeteldiervriendelik en restaurant

Onse Rus Guest House

As jou hart na die Karoo verlang, is Onse Rus Guest House net die plek vir jou. Dié gastehuis is sentraal in Prins Albert geleë, naby al die heerlike restaurante, oulike winkels en kunsgalerye.

Waar: Prins Albert
Geriewe: Swembad, tuin, braaiplek, kroeg, WiFi, troeteldiervriendelik en biblioteek

Orange Grove Farm

As die platteland roep moet jy beslis na Orange Grove Farm in die Boland gaan! Daar is hope doendinge vir avonturiers op dié wyn- en olyfplaas. Jy kan ook rustig raak en die asemrowende uitsigte bewonder of die plaas te voet of met ’n fiets verken. Dis die ideale wegbreekplek in die natuur.

Waar: Robertson
Geriewe: Swembad, braaiplek, WiFi, portierdiens en masseer- en skoonheidsterapie

Drostdy Hotel

Daar skuil ook ’n pragtige Kaaps-Hollandse hotel in die historiese Oos-Kaapse dorp, Graaff-Reinet. Dié luukse hotel is ’n oase vir moeë reisigers met lieflike geriewe en ’n restaurant op die perseel. Dit is beslis die ideale plek om te ontspan! 

Waar: Graaff-Reinet
Geriewe: Spa, swembaddens, tuin, WiFi, ondervloerse verhitting, restaurant, kroeg, konferensiegeriewe, portierdiens en gimnasium

Hou op wonder wat agter dié Kaaps-Hollandse huise se mure skuil en gaan vind sélf uit. ’n Paar nagte by een van dié pragtige huise is beslis iets wat jy nooit sal vergeet nie!

Hooffoto: Weltevreden Retief Residence (LekkeSlaap)