Verified Reviews
Beaufort West
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Beaufort West
Rated 4 out of 5 based on 1365 reviews.
"Die Chris Barnard museum is iets om te sien maar teen R100 pp is dit nie die moeite werd nie. Die strate is ook nie meer so veilig en skoon nie."
"Pragtige dorp met mooi geboue en natuurlik die Christiaan Barnard museum, wat enige toeris moet besoek."
"Lots of beggars and homeless people in Beaufort-Wes as you stop to do shopping or to dine out."
"Ons was in 'n fratsongeluk betrokke, die mense van Beaufort Wes was so vriendelik en behulpsaam. Dame met die naan Heidi het my vrou en ons bagasie gastehuis toe geneem. Jong man Alexander het gestop en my gehelp om my motor rybaar te kry tot by gastehuis. Die volgende oggend het hy my na Johan Pienaar Motors toe geneem. Hulle het professionele diens verskaf en was vriendelik en behulpsaam het motor vinnig vir my uitgesorteer. Beaufort-Wes is pragtig geleë en mense is vriendelike omgee mense."
"Beaufort is nou nie my nommer 1 keuse vir `n vakansie nie, maar die omliggende Karoo prag is definitief iets om te beleef!"
"Dis 'n fantastiese russtop en definitief die moeite werd om deur die dorp te ry. Die rustigheid van die platteland is vir my as stadsjapie baie belangrik."
"Klein besige dorpie oor naweke. Opening van winkels oor naweke, vir enige noodsituasies. Lekker vriendelike mense."
"Oulike restaurante. Orals is die mense vriendelik en het ons warm verwelkom. 'n Mens sal moet vroeër arriveer in die weeksdae of op Saterdae om alles te kan gaan besigtig wat die dorp het om te bied."
"Die Spur het 'n aangename atmosfeer, vriendelike personeel en die kos was heel lekker."