Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2351 resensies.
"Die dorpie De Rust bied goeie verblyf en interessante winkels en eetplekke. Daar is 'n vulstasie, maar die plek se voorkoms laat veel te wense in 'n mooi dorp soos De Rust waar baie besoekers aandoen. "
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."
"Hierdie dorpie het my hart gesteel! Dis pragtig en silwer skoon. Ou sjarme begroet jou om elke hoek en draai."
"Ons was gelukkig om 'n troue in die ou N.G. Kerk by te woon. Wat 'n wonderlike ou gebou! Die diens daar het bygedra tot ons goeie herinneringe aan Robertson en omgewing. Ons sal beslis weer die omgewing besoek!"
"Ek is mal oor Montagu as toeristebestemming. So baie mooi plekke om te besoek. Ons het geëet by die Montagu Hotel en dit was 'n wonderlike ervaring. Sowat van goeie diens en voortreflike kos. Daar is soveel te sien wat kuns en handwerk aanbetref in Montagu en die omgewing is ook mooi. "
"Dis regtige 'n ongelooflike plek! Die mense is vriendelik en die dorpie prentjieboek mooi! Eseltjiesrus is 'n definitiewe moet! Ek sal more daar gaan woon! Asemrowend!"
"De Rust se gasvryheid is alom bekend. Stop, staan oor, beleef, loop van die een interessante plek na die volgende en jy sal die kultuur van De Rust saam met jou neem. Dankie De Rust en die inwoners vir julle vriendelikheid en gasvryheid."
"'n Pragtige plattelandse dorpie met 'n fantastiese bakkery (Louretta's) en slaghuis (Pinto's)."
"McGregor het sy eie tyd, jy vang nie sommer die kroeg oop daar nie. Sou dit graag wou sien, maar die eienaars besluit of hulle wil oop wees of nie. Maar dit maak dit alles net soveel meer interessant. "
"The wine route and surrounding activities are exceptional in this area, but Robertson itself is a bit of a sleepy hollow with minimal tourist attractions."
"McGregor is 'n pragtige klein dorpie met genoeg juwele soos Bemind wyne waar jy sommer midde in die wynmaakproses instap en by die vriendelike wynmaker self jou wyne koop. Die pottebakkers ateljee is ook 'n unieke ervaring. Eseltjiesrus vat aan 'n mens se hart. Jy eet heerlike kaaskoek by jou koffie op die stoep van die eetplekkie waar jy ook 'n verskeidenheid olyfprodukte kan koop. Die dame by die inligtingskantoor was baie behulpsaam en het flink gehelp om 'n staproete deur die dorp te beplan vir die tyd wat ons daar wou deurbring. "
"Dit is 'n pragtige dorp met baie geskiedenis, en die moeite werd om te besoek."