Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4807 reviews.
"Simonstad is 'n juweel. Dit is 'n oulike dorp met lekker winkels en pragtige strande. By Boulder Beach kan jy heeldag op die strand lê en pikkewyne bekyk. Dit was 'n heerlike ervaring. Sal graag weer Simonstad besoek."
"Dis 'n baie mooi omgewing. Ons het 'n rustigheid ervaar, veilig gevoel en die natuurskoon met die see en die uitsig op Tafelberg baie geniet."
"Daar is so baie plekke om te sien en so baie om te doen en Groenpunt is in die middel van dit alles! "
"Het pragtige strande binne 'n kort afstand met lekker en veilige aftrekplekke om Tafelberg, die see, en in die verte Robbeneiland te kan besigtig. Baie lekker eetplekke ook wat oor die see uitkyk. "
"Pragtige ou geboue. Rustige atmosfeer. Nie so gejaagd soos van die ander stranddorpies nie, baie om te sien - alhoewel die loadshedding ons museumplanne in die wiele gery het. "
"Dit is sentraal geleë jy kan enige kant toe beweeg na die see of die wynlande is elk 20 tot 30 min weg."
"Brackenfell is nie een toeristebestemming nie, maar vir toeriste die ligging is baie goed omdat dit nie ver is van toeristebestemming in Stellenbosch en Kaapstad."
"Excellent. Close to the malls and beach. Really enjoyed the stay at the guesthouse."
"Nie die aantreklikste woonbuurt nie, maar bekostigbaar en naby genoeg aan die strand en ander besienswaardighede om op te maak daarvoor."