Geverifieerde Resensie
Clarens
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Clarens bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 3007 resensies.
"Clarens is so 'n rustige dorpie en alles is loopafstand. Daar is baie om te sien en die omgewing buite Clarens te verken, jy sal nooit verveeld wees nie. Dit is die beste plek om van daaglikse stres ontslae te raak."
"Dit was ons eerste keer in Clarens, ons het gekyk na huispryse op tweede dag. Ons sal vir seker gereeld teruggaan, en almal aanraai om Clarens te besoek. Dalk eendag kan ons ons eie huisie daar koop!"
"Die omgewing en natuurskoon is asemrowend. Die dorpie sukkel na die Covid-19-pandemie, dit gaan oral oor die geval wees."
"Mense verskil. Vir my persoonlik het Clarens baie verander vandat ek daar was paar jaar gelede. Ek sal nie weer teruggaan nie. Die winkeltjies is te dieselfde met een of twee verrassings. Alles te stereotiep. Net ons beskeie mening."
"Clarens is 'n mooi dorpie en daar is lekker eetplekke en interessante winkels. Soos mooi skilderywinkels. Staproetes gedoen en mooi gemerk. Baie in die omgewing soos Golden Gate. "
"Clarens is beslis prentjiemooi. Die dorpie is stil en daar is meer as genoeg eetplekke vir lekke kuiers. Golden Gate is so 20 km weg en is 'n moet om te gaan besoek."
"Vol kultuur en kuns. Waarde vir geld as jy lekker tuisgebak wil koop. Die diens is puik by elke restaurant/winkel en die mense is vriendelik. "
"Baie natuurskoon, 360° se skildermooi berge. Baie om te doen as jy bereid is om te betaal."