Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Klein plekkie, maar beteken baie as jy daar grootgeword het soos in my pa se geval. Het waardeer om sy huis waar hy grootgeword het weer te sien asook sy ouers se grafte in begraafplaas te besoek."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Pebbles Beach Cottage"Ons was teleurgestel om te sien hoe vuil en onversorg St Georges Park is. Die Setlaarspark/Bakaans Vallei was baie lekker om te draf en te stap met ons hond. Sal graag van meer dier-vriendelike plekke in PE wil weet. "
"Graaff-Reinet is 'n besonderse mooi dorp waar eg Suid-Afrikaanse waardes nog geld."
"Asemrowende mooi dorpie met ongelooflike vriendelike inwoners. Die dorp is skoon met heelwat om te sien en doen. "
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
Thunzi Bush Lodge & Country Lodge"PE is baie underrated. Great plek."
"Die strate van hierdie dorp is in 'n ernstige toestand van verwaarlosing. Ons het gesoek na die Victoriaanse perde-trog in Frerestraat, maar dis klaarblyklik verwyder. By Olive Schreiner se huis is die koperplaatjies ook opvallend afwesig. Die NG Kerk naby die Hotel is 'n pragtige gebou. Ons het dit baie geniet om die stringe Tuishuise te sien - lieflike restourasiewerk."
"Bluewater Bay is beautiful, yet a few kilometres from any entertainment. If you are on business that will be suitable, but not when on holiday as you have to travel to PE for entertainment."
"Besig met mooi infrastruktuur ontwikkelinge, maar nog onversorg in die dorp en omgewing."
"Daar is 'n groot behoefte vir goeie vulstasies met netjiese toilette en restaurante in die omgewing."
"Aberdeen is 'n tipiese Karoo-dorp maar tog met 'n unieke karakter van sy eie. Dit het 'n benydenswaardige historiese argitektoniese nalatenskap wat nog grotendeels behoue gebly het. "
"We were very fortunate to have our cousins there to show us around. A very interesting place. Wish I could have stayed longer."
"Dit sal baie beter ondersteun word as die toegangsroete in 'n beter kondisie is."
"Met wonderful local people all of whom were extremely friendly. Road infrastructure leaves a lot to be desired."