Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6479 resensies.
"Vriendelike mense, ons het ingeloer by Flower Boutique en J-Bay Biltong, het lekker gesels met die eienaars. Voorstrand-area baie mooi uitsig op die see, het koffie gedrink by Tasty Table Cafe, oulike plekkie."
"Kom beslis weer. Net 'n cool plek. Almal baie vriendelik. Surf winkels. Baie goeie inkopie-ervarings."
"Die dorpie, lodges en winkels erg geraak deur laaste 2 jaar se afwesigheid van toeriste. Olifantpark baie goed bestuur en onderhou."
"Uitstekend en baie keuses van verblyf en pryse, mooiste dorp en omgewing, baie om te doen."
"Besige dorp by die see, maar al die geriewe van lieflike restaurante en winkels byderhand."
"Dit is 'n wêreld op sy eie. Rustig en almal is ontspanne. As jy wil wegbreek van die stad se gejaag is Hogsback die plek."
"Mooi skoon dorp. Aanwysings op borde miskien nie so akkuraat nie, maar het die Spur gekry."
Gqeberha (Port Elizabeth), Oos-Kaap
9 on La Roche Drive"Baie stil en rustig, nie te veel om te doen nie."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Oos-Kaap
Herberg Manor"Somerset-Oos is 'n dorp met ouwêreldse sjarme. Skoon strate, rustige omgewing - het veilig gevoel. Selfs die restaurant wat 'takeaways' verskaf het, is aan te beveel. Vriendelike inwoners - was by 'n diensverskaffer met die naam van Hansie, wat gehelp het met 'n skroef wat losgekom het in onderstel van voertuig, uit sy pad gegaan om te help, wou nie eers geld aanvaar nie - dis die soort dorp wat dit is. Omgee-dorp. Sal beslis weer 'n draai wil maak in Somerset-Oos."
"I simply love Graaff-Reniet, it never disappoints. Charming, clean, lots of historical buildings."
"Graaff-Reinet self is 'n pragtige dorp, maar soos meeste ander plekke voel jy bedreig wanneer jy by enige publieke plek oorval word met sogenaamde motorwagte. Toe ek 'n bekende kettingwinkel besoek het was daar nie minder as 6 mense wat almal geld wou hê."
"Take away establishments could stay open a bit later, especially during busy time like this (inter schools)."
"Ons is van die Wes-Kaap, was geskok om die toestand van die paaie te beleef (ons is bederf)!"
"Puik bestemming. Imelda het moeite gedoen en ook vir ons intressante inlgting oor Graaff-Reinet gegee en plekke om te besoek. Die kaktus- en vetplantwoud, en ou motors is 'n moet!"