Geverifieerde Resensie
Eastern Free State Highlands
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Free State Highlands bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3488 resensies.
Fouriesburg, Oos-Vrystaatse Hooglande
Cherry House"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Knock Out View"Ons gaan al vir die afgelope 12 jaar, gewoonlik 2 keer per jaar, na Clarens vir 'n wegbreeknaweek. Die waarde vir geld, netheid en rustige atmosfeer maak Clarens 'n heerlike plek. Maak nie saak watter seisoen jy gaan nie, dit bly altyd lekker."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Rooikat Cottage"Ek is baie beïndruk elke keer met die netheid en vriendelikheid van die dorp. Nog met elke event wat ons bygewoon het, uitmundende diens en perfekte organisasie van die events."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Andes Clarens Guesthouse"Benewens die skoonheid van die omliggende berge, is die dorpie se atmosfeer en winkels vrolik en interessant."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Stonehaven Clarens"Fantastiese dorpie, met klomp oulike winkeltjies, restaurante en hope voetslaanroetes."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Mountain Sage Self-care"One of my favourite places to visit. Beautiful town, with plenty hiking routes. So close to Golden Gate."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens Retreat"Clarens is inderdaad die juweel van die Vrystaat. Natuurskatte orals te vinde as jy braaf genoeg is om jou stapskoene vuil te maak."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
The Nelsbells Cottage"Heerlike en pragtige dorpie. Natuurskoon asemrowend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Clarens River Cottage"Jy kan net vir 'n naweek wegbreek of vir 'n langer tydperk gemaklik daar bly."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Arundel Studios"Ons is baie lief vir Clarens, met sy winkeltjies en restaurante. The Square restaurant is puik en hul koffie en kos heerlik. Ons gaan gereeld Clarens toe om net te herlaai en te rus."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Golden View Luxury Self-Catering"Stunning town with lots of friendly locals. Il Costello was beautiful to have a lovely celebratory breakfast for my son."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mountain View Manor"Ons het Clarens baie geniet - die perde en donkie op die plein was egter 'n ander storie. Die diere is beslis nie in 'n baie goeie kondisie nie en dit was nogal ontstellend."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Accommodation @ The Spa"Baie lekker plekkie om vir 'n vinnige wegbreek te gaan."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Heerlike dorpie, met die mooiste berge. Lekker eetplekke met gehalte-kos."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Pragtige dorp waarheen mens altyd sal teruggaan. Daar ondervind mens werklik sielsrus. Daar sal net regtig strenger beheer oor die straatkinders moet wees. Dit is regtig 'n onaangename situasie as mens buite kuier by restaurante."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
414 Rose Cottage"Hiking is something worth trying. The area has other extreme sporting activities."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Views"Van die paaie in Clarens is sleg en winkels maak in die week vroeg toe, maar dis geen krisis nie."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Dragonfly Self-catering and Bike Rescue"Baie aangename en interessante dorpie. Golden Gate is 'n moet sien."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mountain Villa 238"Plek vir kuier saam met vriende en familie. Al die eetplekke is op standaard, vriendelike diens en loopafstand van mekaar af."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
La Bri"Clarens is 'n juweel. Baie lekker area vir stap, fietsry en sommer net kuier. "
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Mt Horeb Manor"Clarens is 'n sentrale plek vir die verken van die Malutis en die Drakensberge."
Clarens, Oos-Vrystaatse Hooglande
Odendaal’s Ridge"Beautiful town. Has old character with unpaved roads to add to the vibe. Clean and more importantly environmental sensitive."