Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"Eclectic, friendly, interesting destination. Definitely worth a visit - but I would suggest a bit longer than one night! I definitely would like to go back an experience more."
"Was ons eerste besoek en was aangenaam verras met al die oulike winkels en slaghuis."
"Clarens is een van die min oorblywende bestemmings wat nog nie geheel en al gekommersialiseer is nie. Ongelukkig het die Ugly Duckling franchise wat volop in die Midlands is, ook in Clarens kop uitgesteek, en bederf beslis die atmosfeer van hierdie juweel van 'n bestemming met al sy tuisnywerhede, interessante winkels en kunsgalerye."
"Clarens is 'n pragtige dorpie met al die kunswinkels en lekker eetplekke. Dit is beslis die moeite werd om Clarens te besoek."
"Sal weer én weer én nog 'n keer daar wil kuier! 'n Plek waar jy baie mense ontmoet en nuwe vriende bou!"
"Clarens is 'n rustige kunstenaarsdorpie met baie eet- en drinkplekke met die allerpragtige kuns en ander snuisterye om te koop. Die berge na Golden Gate se kant toe is iets om nie te mis nie. Beslis die moeite werd vir 'n rustige wegbreek in die natuur."
"Clarens en die natuurskoon is die tipe plek wat in jou hart nesskop en veroorsaak dat 'n mens onttrekkingsimptome ervaar wanneer jy nie gereeld daar gaan kuier nie. "
"Quaint, beautiful little town! Too touristy on weekends though (too full), would love to visit for a more quieter break during the week to see Clarens and its people in their everyday environment."
"Inwoners baie verdraagsaam en vriendelik. Slaggate steurend as hele dorp verken word. Inligting oor geskiedenis, monumente en rotskuns kan dalk ook in verblyfplekke beskikbaar wees. "
"Clarens is 'n lieflike klein dorpie wat groot genoeg is om aan almal se behoeftes te voldoen."
"Ons is oral vriendelik gegroet. Die restaurante is van topgehalte. Party winkels se pryse is rêrig baie duur wat mens laat link hulle konsentreer op die oorsese mark. Ons het die heeltyd veilig gevoel."
"Ons het nie regtig in Fouriesburg rond gekuier en gery nie omdat ons van ver af gekom het. Dus moet ons weer 'n kuier reël om die dorp te gaan verken."
"Meer selfvoorsienend te wees. Ek hou van my franchise, Spar, Steers, ens. vir prysbeheer. "
"Parys se dorpspaaie is sleg. Die grondpaaie is nog erger. Moenie te vinnig ry nie en kyk vir die pad."