Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 7953 reviews.
"As jy nog nie daar was nie moet dit op jou bucket list kom. Dit is 'n merkwaardige mooi dorpie, baie besienswaardighede, lekker eetplekke, asemrowende natuurskoon. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"Ons het so pas eiendom in Bethulie gekoop omdat dit so klein en stil is en snags is die sterre so mooi en helder. Ons moet nog self al die geskiedenis van die dorp leer ken en daar is heelwat."
"Weereens 'n vriendelike, skoon en onopgesmukte klein dorpie met onverwagte skatte wat wag om ontdek te word. Die Waterwiel Bakhuis is 'n wegneem ete restaurant wat net beleef moet word. Baie gerieflik geleë langs die N1, buite die gedruis van Bloemfontein en 'n ideale plek om oor te slaap op jou vakansie reis."
"Fouriesburg is 'n pragtige dorpie en het definitief potensiaal vir 'n wonderlike toerisme bestemming."
"Good places to eat out, including Christmas dinner. Really peaceful, not too commercialised. "
"Daar is nie ordentlike kruideniersware winkels nie. 'n Paar kafees en 'n algemene handelaar. Naaste dorpe met kettingwinkels is Betleheme of Ficksburg en Clarens."
Northern Free State, Free State
Boskoppie Lion & Tiger Reserve"Dit is rustige omgewing. Mooi natuur, maar ons het ook tot die besef gekom reën is oral bitter nodig."
"Fantastiese plekkie vir enige iemand om te besoek. Oulike winkels en heerlike restaurante. Dit is 'n sprokies dorpie."
"Dit was vir my regtig besonders dat Clarens op Kersdag tot stilstand gekom het. Skaars 'n motor gesien, behalwe voor die kerk. Die diens was stampvol (ons was by die 10 vm een) en die voorbereiding daarvan absoluut fantasties. Hulle het baie moeite gedoen en ons het dit opreg waardeer. Dankie aan almal wat betrokke was!"
"Lieflike dorp, met so baie natuurskoon, winkeltjies en aktiwiteite om die hele gesin besig te hou."
"Van die vele Vrystaatse dorpe wat ongelukkig baie agteruitgegaan het en nie meer so skoon lyk nie; was Senekal definitief in 'n beter toestand."
"Baie mooi dorpie omring met berge en almal vriendelik. Mens moet net besef omdat dit gewild is, is die koste van uiteet, inkopies ens. nie goedkoop nie."
Northern Free State, Free State
Thwane Bush Camp"Mooiste dorpie - Parys. Gaan besoek gerus O's Restaurant - onder teenaan die Vaalrivier 'n "cocktail bar" (Die Plek). 'n Móét doen aktiwiteit is die river rafting op die Vaal - beslis 'n avontuur om te onthou."
"Altyd die moeite werd om 'n paar dae hier te vertoef. Hier is iets vir almal om te doen. In die kostelike dorpie is daar baie winkeltjies om in te kyk, heerlike restaurante om in te eet en moenie vergeet van Clarens se eie brouery met 'n wye verskeidenheid biere om te proe. As jy genoeg gehad het van winkels, is daar ook baie aktiwiteite vir die avontuurlustiges. Zip-line deur die bome of witwatervlotry af met die Asrivier wat jaarom water in het as gevolg van die Caledon-watertonnel vanaf die Katsidam in Lesotho. Net 'n paar kilometer buite die dorp is ook die pragtige Golden Gate met staptoere en rytoere. So 'n pragtige deel van ons land!"