Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9360 resensies.
"Mosselbaai is 'n pragtige vakansie plek. Nog skulpe op die strande en skoon omgewing. Vriendelike mense."
"Lieflike dorp, baie besoekpunte en pragtige, ou geboue. Goed onderhou, skoon en netjies."
"Pragtige dorpie. Ons het heerlike ontbyt by 'n plek geëet, en ook by Mr Kaai vis en chips geëet. Mense was baie vriendelik."
"Daar is baie om te doen en te sien in die omgewing van Groot-Brakrivier. Daar is selfs 'n "Day care centre for husbands" in Klein Brak waar die mans kan bly as die vroue wil gaan "shop"."
"Pragtige dorp en alles is mooi groen en skoon. Word mooi na gekyk. Ervaar 'n rustigheid as mens so deur die woonbuurte ry."
"Die dorpie self het bietjie te oorontwikkel en sy rustige Karoo-stilte verloor."
"Netjiese dorp en as jy gholfspeel of van die natuur hou, is dit die plek."
"Mosselbaai is nie verniet die nommer-een-munisipaliteit in die land nie. Met eerste oog opslag is dit duidelik. Alles werk. Alles is skoon. Daar is geen slaggate nie. Strande en openbare geriewe word behoorlik instand gehou en is skoon. Die verskeidenheid van toerisme aantreklikhede oortref ander plekke in Tuinroete. Mosselbaai is hoogste op my lys as dit by toeristebestemmings in SA kom."