Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9641 resensies.
"Baie verskillende lekker restaurante wat volstruisvleis heerlik kan gaarmaak en voorsit."
"Mosselbaai is 'n heerlike plek wat soveel bied om te doen. Vir die wat hou van snuffel, sal verbaas wees oor wat hulle sal ontdek. Ongerepte strande vir die wat daarvan hou. Hawe ervarings, ou geboue en museums. Alles die moeite werd in 'n netjiese dorp wat soveel kan bied."
"Heidelberg is een van die Wes-Kaap se pragtige, versteekte diamante wat die moeite werd is om te ontdek."
"Riversdal is 'n ou dorp met sy eie kultuur. Dis nie die dorp waar ek Desember sal kuier nie, maar steeds 'n dorp met baie karakter."
"Ons kinders en kleinkinders woon daar in Loeriepark. Die plaasmarkies en die Aarbeiplaas is ons gereelde kuierplekke as ons George toe kom."
"Lots of traffic, but a cute town for a day. Great if you have a boat or visiting the sights in and around Knysna."
"Veilige strand vir kinders. Mooi staproetes! Winkelkompleks wat alles voorsien wat jy nodig het. Stiller vakansie-omgewing om goed uit te rus. Sal Groot-Brakrivier aanbeveel."