Geverifieerde Resensie
Garden Route
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Garden Route bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 9575 resensies.
"Baie interessante plekkies in en om Oudtshoorn om te besoek en die mense is altyd vriendelik!"
"Stilbaai is die prag dorpie. Netjies, skoon en almal daar is vriendelik en behulpsaam en so lekker om net daar te kan vakansie hou."
"Vol geskiedkundige geboue, maar ongelukkig ook 'n onbevoegde munisipaliteit met al die slaggate."
"I love Still Bay, one of my favourite destinations to visit, thank you for the hospitality."
"Ons het 'n besonder lekker toer deur die Kouga Wildernis gemaak. Asemrowend mooi."
"Die beste! Daar is so baie om te sien en doen en ons kon nie eers alles doen in die tyd wat ons daar was nie. 'n Asemrowende deel van ons land! Lekker pizza geëet by Pappa's pizza."
"As jy in Oudtshoorn is, maak seker dat jy by Smith Winkel Farm Village Oudtshoorn gaan eet, biltong en groen by pizza is 'n moet."
"KKNK is tops! Het by Karoo Pot restaurant geëet meeste van die tyd, kos is uit die boonste rakke en pryse is bekostigbaar. Personeel vriendelik."
"Stilbaai is 'n stil en rustige dorp. Daar is 'n paar oulike eetplekke, maar Lampiesbaai staan uit met goeie en vriendelike diens met heerlike kos."
"Ek is bly die KKNK is weer 'n goeie finansiële inspuiting vir die dorpie sodat die infrastruktuur onderhou kan word."
"George is die tipiese "hemel op aarde" plekkie! Mal oor die dorp! Nog nooit so 'n netjiese dorp gesien nie. Alles het gewerk!"
"Baie mooi omgewing met baie om te doen en besienswaardighede. Goeie restaurante in die omgewing."