Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9360 reviews.
"Ons het die Kangogrotte gaan besoek asook die Rust en Vrede waterval - 'n klein skat in die middel van nêrens. Ons het alles baie geniet."
"Witsand is gorgeous. We loved the little town and the friendliness of the inhabitants."
"Baie verskillende lekker restaurante wat volstruisvleis heerlik kan gaarmaak en voorsit."
"Mosselbaai is 'n heerlike plek wat soveel bied om te doen. Vir die wat hou van snuffel, sal verbaas wees oor wat hulle sal ontdek. Ongerepte strande vir die wat daarvan hou. Hawe ervarings, ou geboue en museums. Alles die moeite werd in 'n netjiese dorp wat soveel kan bied."
"Heidelberg is een van die Wes-Kaap se pragtige, versteekte diamante wat die moeite werd is om te ontdek."
"Riversdal is 'n ou dorp met sy eie kultuur. Dis nie die dorp waar ek Desember sal kuier nie, maar steeds 'n dorp met baie karakter."
"Ons kinders en kleinkinders woon daar in Loeriepark. Die plaasmarkies en die Aarbeiplaas is ons gereelde kuierplekke as ons George toe kom."