Verified Reviews
Garden Route
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Garden Route
Rated 4.7 out of 5 based on 9271 reviews.
"Springerbaai is afgesonder van die "mal"-besige vakansieplekke in die omgewing. Dis eksklusief, rustig en privaat. Jy kan lekker gaan fietsry, draf of stap. Daar is bontebokke, sebras, springbokke en ander kleinwild te sien - ook baie skilpaadjies. Baie privaat strand - jy is meestal alleen daar - soms is daar dalk een ander groep mense. As jy lus is om bietjie tussen baie mense te gaan swem kan jy Vleesbaai toe ry (of stap as jy baie energie het), of na Mosselbaai of Klein Brak se strand toe vir die dag. Dis doodstil en jy rus lekker. Dis 'n eko-estate so alle huise het slegs sonkrag so jy weet nie eers van beurtkrag nie, maar jy moet spaarsamig werk met die elektrisiteit."
"Die lodge is baie goed geleë en daar is 'n paar lekker plekkies in die straat. Bietjie onveilig gevoel op die dag met bedelaars op straat wat so bietjie gepla het."
"Mal oor Stilbaai - hou van die baie Afrikaans. Sal beslis weer Stilbaai besoek."
"In addition to being happy with the accommodation, we also found the most amazing restaurant to have dinner at; Dave's Kitchen serves Michelin star-worthy food! Highly recommend the seared tuna with wasabi mash and the pork belly. The presentation is artistic with their signature fried rice noodle crisp on top, and the quality and flavours match."
"Sal enige tyd weer soontoe gaan, dalk kan Wildernis doen met nog 'n groot supermark soos Pick n Pay of Checkers."
"Mosselbaai is 'n baie lekker vakansiebestemming en ek sal enige tyd weer daar vakansie kom hou."
"Tourist friendly. Would recommend it to anyone with an acquired taste."
"Alles wat mens nodig het, is beskikbaar in Riversdal, en dit is naby genoeg aan Stilbaai. Ons het twee keer deur gery Stilbaai toe en die dag daar spandeer. Het ongelukkig nie veel tyd gehad om veel van Riversdal te verken nie."
"George is a town that truly is friendly, beautiful, and a must-see on your trip to Cape Town. We had a hard time finding litter or rubbish anywhere. George was the best place ever - according to my 5-year-old!"
"Stilbaai is een van die lekkerste vakansieplekke in SA vir 'n gesin met kinders. Daar is soveel om te doen en sien - ons as 'n familie geniet Stilbaai en keer jaarliks terug."