Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Jacobs Bay

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jacobs Bay bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 566 resensies.

Jacobsbaai

Swartriet Beach Chalets

"Naby genoeg aan die Kaap om vining op 'n Vrydag deur te ry vir die naweek. "

Jacobsbaai

Abalone Guest House

"Ek hou van die wit huisies met die swart dakke. Dit is uniek aan die Weskus. Hou dit so."

Jacobsbaai

Weskushuis

"Jacobsbaai het baie gegroei die afgelope 20 jaar, en bly een van die mees private kusdorpies in die omgewing. Ek sien dit bou steeds dat dit klap en groei sterk."

Jacobsbaai

A Whispering Whale

"'n Dorpie weg van die alledaagse werk- en woonplek. Die uitleg en die huise van Jacobsbaai maak dit 'n besonderse bestemming. Hoop dit bly so sonder winkels en verkeer."

Jacobsbaai

The Sea House

"Heerlike, rustige Weskus-atmosfeer."

Jacobsbaai

The Sea House

"Lekker rustig."

Jacobsbaai

Klokkiebosch

"Jacobsbaai is die pragtigste plekkie."

Jacobsbaai

Seafront Stone House

"Jacobsbaai was regtig 'n mooi en lekker rustige dorpie. Ons het dit baie geniet en ons sal Jacobsbaai aanbeveel en ook weer verkies as 'n vakansieplekkie."

Jacobsbaai

De Kroon

"Perfek as jy stilte en natuurskoon soek. Die kersie op die koek was dat ons net betyds was vir die blomseisoen en ons het die mooiste foto's geneem!"

Jacobsbaai

Sea Views

"Ek het my hart verloor in Jacobsbaai. Mooiste mooiste plekkie."

Jacobsbaai

Klokkiebosch

"Mooi Weskus-dorpie."

Jacobsbaai

Abalone Guest House

"Wonderlike rustige dorpie. Geskik vir 'n rus-vakansie."

Jacobsbaai

Onse Plekkie

"Vredenburg is n groot dorp wat 12 km vanaf Jacobsbaai geleë is. Daar is 'n groot mall met al wat 'n winkel en eetplek is. Jacobsbaai self het egter net 1 eetplek en 'n klein plaaswinkel. Die internet-ontvangs is baie gebrekkig, maar vir mense wat wil wegbreek van alles is Jacobsbaai ideaal. Dit is ook prentjiemooi met pragtige wit huisies en veldblomme. Ander plekke soos Paternoster en Tietiesbaai is lekker naby om te besoek. Jacobsbaai moet gesien word! "

Jacobsbaai

Sandkorrel

"Baie rus vir die siel te vind hier!"

Jacobsbaai

Skulpie Upstairs Jacobsbaai

"Sal weer daar gaan ontspan wanneer ek kan!"

Jacobsbaai

Abalone Guest House

"Klein juweel aan die Weskus."

Jacobsbaai

Abalone Guest House

"We found the people very friendly and helpful."

Jacobsbaai

21 C View

"Heerlik en rustig vir 'n familie en kinders - ons het baie lekker gekuier."

Jacobsbaai

Sandkorrel

"Fantastiese bestemming."

Jacobsbaai

Onse Plekkie

"Eerste keer daar en het baie van die plek gehou."

Jacobsbaai

Bamboesbaai Beach House

"The flowers and people are great!"

Jacobsbaai

De Ware Jacob

"Perfekte wegbreek van dorpe, mense en alles, maar steeds naby genoeg aan winkels om die "moet gou dit hê" te gaan haal."

Jacobsbaai

Bamboesbaai Beach House

"Waar jy jouself weer kan vind. "

Jacobsbaai

Skulpie Upstairs Jacobsbaai

"Baie mooi en rustige omgewing."

Jacobsbaai

Jacobsbaai Self-catering

"Overall Jacobs Bay is a nice place, wonderful views."

Jacobsbaai

De Kroon

"Perfekte plek om te rus en te ontlaai! Heerlik geëet by Weskusplek."

Jacobsbaai

Abalone Guest House

"Kom gereeld op Jacobsbaai en sal beslis weer Abalone besoek."

Jacobsbaai

21 C View

"Jacobsbaai is 'n rustige, veilige juweel wat hopelik nooit ontdek word nie. Alhoewel ver van Kaapstad is die Weskus Inkopiesentrum en Vredenburg naby vir enige inkopies. Die kafeetjie in Jacobsbaai doen moeite om te help met basiese kruideniers waarvoor 'n mens nie wil Vredenburg toe ry nie. Daar is nie laekoste woonbuurtes of 'n deurloop van ongewenste elemente nie, wat Jacobsbaai vir my ver bo plekke soos Langebaan, Paternoster, Saldanha, St Helenabaai en Veldrif sit."

Jacobsbaai

Onse Plekkie

"Die Weskusplek (hotel) kan dink daaroor om meer vermaak oor naweke te reël. "

Blad
Blad 16 - Wys 451 tot 480
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem