Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11422 resensies.
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."
"Dis eintlik 'n plek wat die besoek werd is. Daar is onder andere 'n museum vir Chris Barnard, die hartpionier, wat daar gebore is en 'n paar snuffelplekkies waar mens kan geld uitgee! Die 4 sheep eetplek se kos is ook baie lekker en is 'n gawe alternatief as mens elders wil eet teen 'n baie billike prys. "
"Hopetown is 'n klein plekkie in die middel van die Karoo. Dit was ontsettend warm (41° C ) As toeris is ek dankbaar om daar te kan oornag maar ek sal dit nie aanbeveel as eindbestemming nie. Die N12 is 'n baie beter roete as die N1 af Kaap toe. Hopetown kan in die basiese behoefte van die reisiger voorsien. "
"Ongelukkig het die Mannetjies Roux Museum toegemaak maar die res van die dorp is nogsteeds 'n treffer."
"Ek sal graag JC's Pizzeria en Pub vir reisigers aanbeveel, heerlike kos, vriendelike diens en goeie waarde vir geld. Dit is selfs troeteldiervriendelik."
"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "
"Oulike museum in die dorp! Lekker geëet by die Merino Restaurant. 'n Mens kan selfs 'n rondte gholf hier speel!"
"Die damwal-toer is 'n absulute moet. Oom Tommy wat ons toergids was, was passievol oor wat hy doen en het dit ook so oorgedra. Die kinders het werklik geniet om die binnewerke van die damwal te sien. Ons sou graag op die 'Sunset Cruise' wou gaan, maar die weer het dit ongelukkig nie toegelaat nie. Ons sal verseker weer in die toekoms in Gariep kom oorbly en ook die ongewing meer verken."
"Pionier Restaurant het heerlike kos met puik diens. Pryse is heel bekostigbaar. Goeie verskydenheid wyn."
"Werklik verlate dorpie maar ideale oornag verblyf op pad Kaapstad toe."
"Colesberg is mynsinsiens nie 'n toeristebestemming as sulks nie, maar 'n lieflike oorblyplek op pad kus toe."
"If the few people I have met in Philippolis are a reflection of all of the residents, then this is a very special town."
"Maak asb. die aanbevole roete na die plek meer duidelik. Ons GPS het ons met 'n ompad deur boere se plase geneem en is die pad nie geskik vir normale voertuie nie. Met die terugkeer het ons ontdek daar is 'n beter pad wat byna heeltemal geteer is maar die afdraai is heelwat noord van Graaff Reinet."
"Was baie teleurstellend dat daar slegs 3 restaurante oop was waarvan slegs een plaaslik was. Was nietemin 'n pragtige bestemming. "