Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7900 resensies.
"Beautiful! Buzzing CBD with charm and character, must go to the Plattelander!!"
"Die mooi, ou dorpie is tans gehawend en die vuil strate en besoedelde riviertjie is hartseer om te sien. Daar was egter onverwagse lekker eetplekke."
"Dit is 'n rustige klein dorpie wat 'n mens deel van die gemeenskap laat voel."
"Binne bereik van verskeie besienswaardighede in en om die dorp. Twee groot damme naby, wildplase ens. en sonder die samedromming van toeriste."
"Hopetown is very small, but a perfect halfway house between Jhb and Cape Town."
"Ons ete by die Plattelander was asemrowend. Eienaar en personeel vriendelik en die kos van bostaande gehalte hulle sien my beslis weer."
"Mooi dorpie, maar ek dink die restaurante buit die toeriste uit. Kos baie duurder as in Johannesburg en nie baie goeie waarde vir geld nie."
"Colesberg was die klein dorpie waarby ons verby gejaag het op pad Kaap toe. Sal nie sommer weer daar verby jaag nie. Ongelooflike dorpie met vriendelike, gasvrye kuierplekke. Heerlike ontspanne atmosfeer met heerlike Karoo lam teen redelike pryse. Ietsie vir almal op die spyskaarte."
"Was aangenaam verras oor hoe mooi die dam en omgewing is, beslis een van die plekke wat ek weer sal wil besoek en beslis sal aanbeveel."
"Ons het Kakamas heel positief en baie vriendelik beleef. Ons sal graag weer daar wil gaan inloer."
"Ons doen elke jaar 'n padvat van 5 000 km op die langpad deur die Kaap se vlaktes en bly ongeveer op nege plekke. Het al ontdek dat die klein, amper vergete dorpies die plekkies word wat ons nooit vergeet. Williston is een hiervan wat verras met sy mense, skoon strate, pragtige kerk en vetplant doolhof. Dis hier wat jy moet stop."
"Oujaarsaand wat ons ook daar oorgeslaap het was dit besonder stil en aangenaam."
"Ons gebruik dit hoofsaaklik as oornagplek op pad terug na Gauteng vanaf die Kaap. Bourdeaux Restaurant is altyd aan te bevele."