Geverifieerde Resensie
Northern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Northern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 7916 resensies.
"Dit was baie rustig. Dit was nie oorvol vir Desember nie. Sou net inligting wou hê oor waarheen om te gaan om vis te vang in die Port. Daar is geen plekke wat 'n mens kan identifiseer om te gaan visvang nie."
"Moenie net deurjaag op pad see toe nie. Vat 'n dag of twee ekstra en geniet die omgewing en die geskiedenis van die dorp."
"Was verbaas oor die oulike dorp waar ons en sekerlik baie ander mense altyd net verby gery het en nie die moeite gedoen het om te gaan besigtig nie. Daar is ook baie eetplekke waarvan ons kon kies. Die Platteland restaurant het die lekkerste kos teen billike pryse. Sal in toekoms weer in Colesberg tuis gaan."
"Very difficult to judge Britstown on such a short stopover. I would say that the old hotel - now the new lodge - has a delightful courtyard and the evening meal was very pleasant with good service."
"Cannot see telescopes at all upon entering the town... disappointing. More investment needed."
"Die moeite werd om die omliggende dorpe en natuurlik die waterval te besoek. "
"Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer. "
"Lekker staproetes beskikbaar, ligtoring, bekende skeepswrak, stil, min vakansiegangers en restaurantjies wat onder andere baie lekker roomys verkoop!"
"Lekker sentaal as jy reis en daar is goeie eetplekke in die dorp met die Gariepdam naby."
"Baie interessante dorpie. Het al baie daar deurgery en nie besef hoe mooi dit eintlik is nie."
"Baie oulike geboutjies in hoofstraat, net die regte plek vir beleggers om van dorpie 'n heerlike besienswaardige plek te maak wat dan ook meer vakansiegangers sal lok. Wat 'n verrassing om nog grondpaaie te sien in van die strate. Hou dit gerus so. Was heerlik om in Victoria West te kon oornag."
"Dink dit is 'n oulike en rustige dorpie, en dit is goed geleë om halfpad te oornag."