Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Drakensberg

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Drakensberg bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1674 resensies.

Champagne Vallei, Drakensberge

Berghaven Cottages

"Nie net die uitsig op die omgewing en berge nie, maar ook talle voëlspesies en besoekpunte soos koffie winkels, eetplekke en ander vermaak, maak 'n besoek aan die Drakensberg meer as die moeite werd. Die teerpaaie is aanvaarbaar hoewel daar redelik baie slaggate voorkom."

Winterton, Drakensberge

Lilac Lodge / Purple House

"Daar is baie potensiaal om dit 'n gesogte akkommodasie bestemming te maak vanweë die sentrale ligging, maar die paaie het dringende aandag nodig. "

Winterton, Drakensberge

Lilac Lodge / Purple House

"Klein dorpie. Baie mooi net 20 km van die Drakensberg. Daar is soveel om te doen en was baie gelukkig met my besluit om daar te gaan afpak vir 'n naweek. "

Fouriesburg, Drakensberge

Goedgeleë

"Pragtige, vriendelike dorp. Restaurante wat uiteet die moeite werd maak. "

Geluksburg, Drakensberge

Gina's Self-catering Chalets

"As die munisipaliteit hul deel net wil bydra en die strate en sypaadjies in stand hou sal dit 'n versteekte juweel wees wat jy eintlik net vir jouself wil hou en vir niemand daarvan wil se nie uit vrees dat hulle kom en al die lekker staan en verander. "

Fouriesburg, Drakensberge

Lesoba Guest Farm

"Baie mooi omgewing. Natuurskoon besonders."

Fouriesburg, Drakensberge

African Dawn Guest House

"Fouriesburg is 'n tipiese plattelandse dorpie met gasvrye mense. Daar is genoeg restaurante om van te kies met smullekker kos. Die dorpie het die mooiste uitsig oor die berge met 'n pragtige natuurskoon waar jy heerlik kan gaan rus en ontspan. "

Champagne Vallei, Drakensberge

Orchard Manor

"Wonderful central spot for a variety in trips."

Underberg, Drakensberge

Berghaven Log Cabin

"Probeer gerus The Lemon Tree."

Geluksburg, Drakensberge

The Homestead

"Ons was aanvanklik geskok oor hoe verwaarloos die dorpie in die algemeen is, maar met 'n bietjie opknapping sal dit 'n oulike plek wees vir 'n naweek-uitstappie - bv. vir motorfietsryers, bergfietsryers en stappers. As daar dalk weer 'n koffiewinkel kan oopmaak (die vorige een het sowat 2 maande gelede gesluit omdat die eienaar in Durban gaan aftree het), asook 'n paar kuns en handwerkwinkeltjies, sal dit hopelik meer toeriste lok. Die bergpas na Harrismith (49km) het lieflike uitsigte en is heeltemal rybaar met 'n SUV (en selfs 'n sedanmotor as 'n mens versigtig is vir die slaggate plek-plek), dus is die dorpie glad nie so onbereikbaar nie. Ons beplan om definitief weer soontoe te gaan om die Verlore Vallei te besoek. "

Fouriesburg, Drakensberge

African Dawn Guest House

"Klein plaasdorpie. Eetplekke bied baie goeie waarde vir geld. Omliggende natuur is pragtig met berge en staproetes. Naby die bekende Clarens dorpie met gepaardgaande ekotoerisme."

Fouriesburg, Drakensberge

Mama Fourie's Guest Cottages

"Was baie lekker om in die rustige Vrystaatse dorpie te kon kuier. Ligging is goed om nabye dorpe en besienswaardighede te besoek."

Fouriesburg, Drakensberge

Uitzicht Private Game Reserve and Lodge

"Fouriesburg self is nie veel om oor te skryf nie. Die omliggende area is 5 ster."

Fouriesburg, Drakensberge

Lesoba Guest Farm

"Can't be too sure of what you will find in Fouriesburg. We were in need of petrol and when we arrived there we found they had none and they did not know when they would receive - typical farming town I suppose. Great butchery (Model Butchery) which sells great lamb chops and the best marinated chicken kebabs that we have ever tasted."

Champagne Vallei, Drakensberge

Inkunzi Cave, Zulu Hut and Diddly Squat

"Love this area - best part of the Drakensberg."

Fouriesburg, Drakensberge

The Fat Mulberry Guest Farm

"Fouriesburg is 'n klein dorpie, goed geleë en 'n kort afstand van Clarens af."

Underberg, Drakensberge

Over The Edge Cottages

"More info to be supplied for tourist attractions, more tourist shops perhaps, did have a problem with waiting for food at restaurants. "

Fouriesburg, Drakensberge

Oranje Guest Farm

"Nie veel van 'n toeristebestemming nie. Daar is 'n paar padstalle op pad Ficksburg toe. Die natuurskoon is 5 ster!"

Himeville, Drakensberge

Dunford's Loft

"Fantastiese, klein rustige dorpie."

Champagne Vallei, Drakensberge

Berghaven Cottages

"Wonderlike ervaring met baie om te doen en te besigtig. Sal graag weer wil gaan!"

Blad
Blad 34 - Wys 991 tot 1020
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem