Verified Reviews
Gauteng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Gauteng
Rated 4.2 out of 5 based on 3169 reviews.
"Mens hoef nie ure te ry om die Kruger Wildtuin te besoek nie. Ek beveel Dinokeng ten sterkte aan vir enige iemand wat wil wegbreek en net weer die natuur te kan waardeer."
"Die personeel by die hekke en Camp Discovery was ongelooflik vriendelik en behulpsaam."
"Gerieflik en veilig, met baie eetplekke in die nabyheid. Ek kan definitief Linden aanbeveel."
"Baie mooi plek, en lekker naby, ek is net nie seker oor die sekuriteit naby die hek nie, maar ons was ver in en het ook die leeus as wagte. "
"Daar is heelwat besienswaardighede en geskiedkundige plekke om te besoek. Beslis die moeite werd."
"Nie veel om te doen nie veral vir jong mense. Jy moet baie meer geld as normaal vat om iets te kan doen."
"Daar is baie deftige eetplekke en lodges, maar nie regtig veel meer as dit nie. Black Horse brewery is 'n pragtige plek om by te gaan eet."
"Pretoria-Oos is volgens my nie regtig 'n groot toeriste bestemming nie maar is baie maklik binne bereik met baie goeie paaie. Ek verkies om die deel as basis te gebruik om ander plekke te besoek."
"Sal graag wynglase in die kamer wil hê. Die vertrek is gedurende die aand nog lig, weet nie of dit dalk te veel buiteligte is wat nie afgeskakel is nie, miskien kan 'n gordyn by die deur dalk help."
"Skoon, netjies en goed instand gehou - perfekte plek om 'n naweek uit Gauteng weg te breek"
"Ons verblyf was baie naby aan Johannesburg Skydiving Club en dit was 'n groot plus! Die nuwe mall maak 20:00 toe en het geen eetplekke vir aandete nie, maar die Spur in die dorp was oop en het goeie diens gegee. "
"It's close to the wonder park mall, so it was easy for us to do shopping. It's also close to the memorial union building for our tourists to know about our history. "
"Die verblyf kan verseker aanbeveel word weens die ligging, ontspanne atmosfeer en verskeie aktiwiteite wat van daar gedoen en ervaar kan word."
"'n Mens moet meer tyd daar spandeer om die area beter te leer ken. Dis egter 'n baie goed gevestigde area - boomryk ens. 'n Ideale omgewing om in rustig te raak na 'n besige dag. "