Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 745 resensies.
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Milkwood 315"Lieflike omgewing! Min winkels in die area, wat dit 'n baie rustige atmosfeer gee, maar tog nie te ver van die winkelsentrum dat dit ongerieflik was nie. Strande pragtig, en mense vriendelik. Baie goeie plek vir enige iemand om te gaan ontspan."
"Everything depends on what you came for! For me, it was a perfect destination for what I wanted to do. "
Marina Martinique, Jeffreysbaai
La Caribe 55"Lieflike, veilige en rustige omgewing. Pragtige uitsigte en genoeg vir die kinders en grootmense om te doen."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Die plek is puik. Vriendelike mense en great ontbyte. Beste gastehuis wat ek al gebly het. Hoogs aan te beveel."
"Lekker uit die gedruis van Jeffreysbaai se hoofstrand. Daar is ook alles wat nodig is in Wavecrest as omgewing besoek tydens baie besige tyd, soos Spar, Clicks, Restaurant en lekker snuffel winkels."
"Die strate het aandag nodig en die straatname se aanwysers kort duidelike verf."
"Jeffreys Bay is een mooie plaats met mooie stranden. Wil je uit eten ga da naar Kitchen Windows, leuk restaurant, lekker eten. Wel van tevoren reserveren."
"Jeffreysbaai is sentraal genoeg om die volgende as daguitstappies aan te pak: 1. Baviaans kloof vanaf Patensie na Uniondale. 2. Stormsriviermond en 3. Wolf sanctuary, bird of Eden en Monkey land."
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Seker dat toeriste dit sal geniet. Ons het vir 'n familietroue gekuier en nie regtig die plek besoek nie."
"Pragtige dorp en vakansieplek, maar die strate is in 'n bedenklike toestand!"
"Net te veel eetplekke. My gewig is weer mooi op pad suide toe. Maar is dit nie waarvoor vakansies is nie?"