Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Cape Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2924 resensies.

Prins Albert, Kaap Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Ek kom jaarliks kuier. Dit sê alles."

Prins Albert, Kaap Karoo

Aandrus

"Spandeer te minste 2 tot 3 dae in die dorp. Daar is baie om te sien, proe en doen."

Prins Albert, Kaap Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."

Prins Albert, Kaap Karoo

By-Die-Koppie Guesthouse

"Dit is die mooiste dorpie in die Wes-Kaap! Die huise is goed versorg, en al die mense is vriendelik en werk saam. Die hoeveelheid projekte wat uit die gemeenskap gaan om armoede te verlig en mense te bemagtig, is so positief."

Klein Roggeveld, Kaap Karoo

Sterboom Self-catering Cottage

"Dis interessant en beslis weg van alles en almal maar terselfdertyd is daar alles tot jou beskikking wat jy nodig het. lekker om iets anders te sien en te beleef!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Aloe Guest House

"Sal net langer wil bly om al die winkels en galerye te besigtig, want hulle was almal klaar toe, toe ons daar aankom op 'n Saterdagmiddag en bitter min was oop op die Sondagoggend. "

Sutherland, Kaap Karoo

Die Stal Cottage

"Ek dink daar kan meer gedoen word om hul sterre kyk uit te brei, ons het op 'n Donderdag oorgeslaap en toe was daar geen persoon of die SAAO oop om dit aan te bied nie. Gelukkig het ons reggekom by iemand wat ons gevat het op sy plaas en 'n wonderlike uur en 'n half gehad het met sy kennis en teleskoop."

Prins Albert, Kaap Karoo

Aloe Guest House

"Ongelooflik mooi, skoon en rustig!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Huis Adriaann

"'n Dorp met oulike eetplekke, pragtige huise met 'n Karoo- en Victoriaanse boustyl, 'n veeltal kunsgalerye en die mooiste sonsondergange."

Sutherland, Kaap Karoo

Venus Selfsorg

"Uitstekende bestemming om sterre, planete en die maan te sien! Ons het so baie geleer!"

Prins Albert, Kaap Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Die Ghost walk was fantasties. Net jammer besienswaardighede maak al 13:00 toe of is soms glad nie oop nie."

Kaap Karoo

Stofkraal Gasteplaas

"Gaan na die SAAO en gaan kyk sterre!"

Sutherland, Kaap Karoo

Primrose Cottage

"Ek sal volgende keer meer tyd in Sutherland spandeer en nie slegs as oorslaapbestemming gebruik nie. "

Sutherland, Kaap Karoo

Boorgat

"Die dorpie het nie die 'mod-cons' wat die tieners deesdae soek nie, maar die rustigheid het my seun goed gepas. Hy kon lees, sterre kyk en slaap net wanner hy wou. Die mense is gasvry en vriendelik en die Blue Moon se pannekoek is fantasties."

Sutherland, Kaap Karoo

Omega Self-Catering

"'n Moet om ten minste een keer in jou lewe Sutherland te besoek. Die hemelruim in die aand is onbeskryflik mooi met sterre wat lyk of jy dit met die hand kan pluk. Onthou om vooraf toere na die sterrewag en ook vir sterrekyk te bespreek veral gedurende skoolvakansies. Daar is 'n aantal bergpasse (grondpaaie) in die omgewing wat beslis gery moet word. Maak net seker van die toestand van die paaie voor jy vertrek."

Prins Albert, Kaap Karoo

The French Cottage

"Probeer gerus die kaasproe by Guy's Guernsey Dairy in Kerkstraat. "

Sutherland, Kaap Karoo

Kambro Kind Guesthouse

"Het my net misgis met die koue, andersins aangenaam."

Prins Albert, Kaap Karoo

Travellers Rest

"Other accommodation rather unnecessarily expensive. Fransie Pienaar Museum and Gay's Guernsy Dairy excellent. Greatly anticipating the opening of Swartberg Pass."

Prins Albert, Kaap Karoo

Huis Adriaann

"Prins Albert is a pragtige, skoon, veilige dorp met 'n gesellige atmosfeer wat ons graag weer sal wil besoek. "

Sutherland, Kaap Karoo

Die Stal Cottage

"Goeie bemarking van 'n klein dorpie om iets uniek te bied."

Sutherland, Kaap Karoo

Boorgat

"'n Verlate dorpie met ongelooflike argitektuur neem jou terug na vorige dekades!"

Sutherland, Kaap Karoo

Kosmos

"Die toegangspad vanaf Calvinia kan en moet beslis geteer word. Ek kan my nie indink hoe pasiënte wat tussen die twee dorpe vervoer moet word voel nie. Dit sal ook besoek aan Sutherland vergemaklik."

Prins Albert, Kaap Karoo

Brakdakkie Guest Cottages

"Ons was terleurgesteld met die Hotel se diens. Kos bestelling nie reg uitgevoer nie, nie gekry waarvoor ons gevra het nie. Niemand ons kom vra of ons nog iets nodig het nie, so was nogal teleurstellend. By Lizzies koffie gedrink wat baie lekker was asook die diens."

Sutherland, Kaap Karoo

Boorgat

"Sutherland is 'n merkwaardige dorpie met pragtige uitsigte van die ongerepte natuur wat dit omhels. Die mense is ontsettend beleefd en gaaf; dit het gevoel asof ons al ons hele lewe lank daar bly. As toeriste bestemming is dit perfek vir natuurliefhebbers en natuurlik die astronome wat hulself met sterre wil gaan wys maak. Die dorpie self bied outydse argitektuur aan wat mens kan bewonder. Dit is die perfekte plek om te ontspan weg van die stad se gedruis met 'n glasie wyn, goeie geselskap en 'n warm vuurtjie."

Ladismith, Kaap Karoo

Die Withuisie

"Lekker platteland."

Kaap Karoo

Ouma Jossie se Huis

"Die stilte en niksheid rondom jou, laat jou outomaties ontspan en weer besef wat is belangrik."

Sutherland, Kaap Karoo

The Jupiter

"Die mense is baie vriendelik en gasvry. Die dorp is netjies. "

Prins Albert, Kaap Karoo

Karoo View Cottages

"Star gazing, the historic walk and the blacksmith's demonstration were memorable. We need to get back to do the geological walk, the ghost walk and to see the area in summer. "

Blad
Blad 80 - Wys 2371 tot 2400
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem