Geverifieerde Resensie
Kaap Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kaap Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 2399 resensies.
"Julle moet die heerlikste appeltert in die land gaan eet by Lazy Lizard en gaan maak ook 'n draai by die kwekery. "
"Prins Albert is 'n uitstekende toeristebestemming. Propvol besoekplekke, restaurant en natuurlik die Swartbergpas. Sal definitief meer gereeld gaan kuier."
"A pretty, quaint village, well worth visiting. We love the idea of a theatre in town!"
"Prins Albert is 'n klein juweel. Soveel gasvryheid het ek lanklaas ervaar. Van die plaaslike dokter (Dr Kriek) tot die aptekers wat uit hul pad gegaan het vir mediese diens. Lekker winkels, heerlike restaurante en vele meer. "
"It is certainly a delightful place to put on your to do travel list. The people are friendly, with so many little zany eating places to try, wish I had had the time."
"Gaan doen gerus die Rooibus-toer vanaf die hotel. Die gidse is uitstekend en ons het so baie geleer van die dorp!"
"Baie gawe mense en die potjiekos- en witblitsaand was sommer baie lekker en het interessante mense ontmoet. "
"Dit is 'n baie stil dorpie. Nie aanbeveel as jy na naglewe soek nie. Baie geskiedkundig die SALT teleskoop is fantasties."
"Wonderlike toeristebestemming, nog lank nie klaar gekuier nie en sal baie graag wil teruggaan!"
"Lekker vir 'n langnaweek. Dorpie lieflik vir stap, voel veilig. Weet daar is nog baie onontginde skatte in die omgewing waarvoor ons nie tyd gehad het nie."
"Prins Albert is 'n baie oulike, rustige Karoodorpie. Daar is baie lekker eetplekkies. Kan nie wag om weer te gaan nie!"