Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11380 resensies.
"Ek reken Willowmore se toeriste-aantrekking word onderskat. Ofskoon ons gedurende Nuwejaar daar was met baie verkeer na die noorde toe, bied Willowmore eintlik meer as wat 'n mens op die oog af sou dink. Met Baviaanspoort se toeriste-aantrekking en verblyf, gee die deurverkeer vir Willowmore ook meer besigheid. Daar is egter besienswardighede op Willowmore wat beter bestuur kan word - bv. die ou sinagoge wat vervalle is, kan opgeknap word. Die ou tronk is nie meer toeganklik nie omdat dit nou 'n gastehuis is."
"Pragtige plek om jou vakansie mee te begin of af te sluit as jy op pad Kaap toe is. Oulike winkels en restaurante in die dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Slim dorp om jou laaste vars kos te koop as jy oorgeslaap het in Graaff-Reinet."
"Pragtige stad, dis goed om te sien dat daar nog mense is wat omgee oor dele van ons land."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."
"Klein dorpie waardeur gery word op die N1. Besoek gerus 4Sheep as julle oorslaap."
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."
"Lekker Karoodorpie waar daar altyd gestop word om petrol in te gooi."
"As jy van vetplante hou, is die Obesa-kwekery 'n fantastiese plek om te besoek! Daar is ook heelwat om te sien in die omgewing: die Vallei van Verlatenheid is asemrowend, en Nieu-Bethesda met sy Uilhuis is net 50 km weg. Dis beslis die moeite werd om meer as net een aand hier te bly!"
"Carnavon is nie 'n vakansiedorp nie, maar Loxton is wel 'n interessante plekkie om te besoek. "
"Pragtige dorpie. Het heerlik geëet by die Plattelander Restaurant. Wens ons kon langer vertoef."
Somerset-Oos (KwaNojoli), Karoo
Glen Avon Farm"There is a lot in Somerset East and this is a rural town steeped in history. However, with the current municipal management, as is the case in many others in the Eastern Cape, the town is not clean and the roads in the town leaves much to desire. Somerset East, you have what a lot of towns would wish for, get it in shape and be proud of the history and use it to the town's benefit. You have Battis, Piet Retief and many more, use it to be on the map!"