Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11248 resensies.
"Almal wat Graaff-Reinet besoek moet na die Vallei van Verlatenheid gaan kyk. Dis 'n heerlike uitstappie. "
"Gaan probeer gerus die skaapstertjies by die Platteland Restaurant net af in die straat, dis heerlik. Die pizzawinkels in Gauteng kan gerus gaan kers opsteek by die pizza's van JC's. Hulle lewer gratis af by jou tuiste en dit is absoluut heerlik."
"Graaff-Reinett het soveel besienswaardighede. Ons het die Vallei van Verlatenheid gaan besoek en dit was 'n wonderlike ervaring."
"Vir diegene wat van afval hou, kan dit geniet word in die koffiewinkel by die hotel."
"Dis 'n 'moet stop' vir enige persoon wat van kreatiewe energie hou in 'n omgewing waar tyd nog bietjie stil staan. "
"Vanderkloof is 'n versteekte juweel. Die moeite werd om die kort stukkie ompad te ry op die roete vanaf Johannesburg na Kaapstad. Sal volgende keer 'n ekstra dag toelaat om te verken. "
"Ons is baie lief vir die Karoo en Victoria-Wes is 'n pragtige skoon dorp. "
"Die ligging maak Colesberg perfek vir 'n oornagbestemming. Ek weet nie of ek regtig 'n ekstra nag sal bly vir enige historiese besienswaardighede of ander plekke nie. Ons het ook 'n heerlike aandete by Bordeaux Restaurant gehad."
"Pragtige, skoon dorpie. Dis regtig 'n juweel in die Karoo en 'n moet om te besoek. Om deur die Swartbergpas te reis was een van my beste ervarings ooit."