Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11278 resensies.
"Kom besoek die Karoo as jy hou van 'n prentjiemooi-landskap ná lieflike reën, groot allesomvattende stilte en sterbesaaide nagte."
"Very friendly - artistic and quaint little town. A lovely break from the hustle and bustle."
"Ons het vir ons dogter gaan kuier wat daar skoolhou. Dus nie baie in omgewing rondgery nie. Die mense van Fraserburg is egter ongelooflik vriendelik en gasvry!"
"Stil, rustige, netjiese dorpie met vriendelike mense en 'n supermark wat in alle behoeftes voldoen."
"'n Besige dorp wat alles bied wat benodig kan word en is vir seker baie skoner as baie ander Karoo-dorpe."
"Dit is een van my gunsteling-oornagplekkies op die lang pad tussen die Kaap en Krugersdorp. "
"Sentraal en goeie ligging as jy van die kus na die binneland reis. Die omgewing is mooi en sag op die oog na 'n lang dag op die pad!"
"Die dorpie het 'n unieke bekoring en beslis 'n plek waar mens dinge verskillend ervaar. 'n Besliste plek op jou wenslys. Daar is iets vir almal."
"Philippolis het ongelooflik baie om te bied vir baie tipe belangstellings. Baie geskiedenis, erfenisskatte en natuurlike wonders in oorvloed word aangebied. Ek stel voor bly minimum drie dae oor in Philippolis om alles hier en in die omgewing te ervaar."
"Dit is 'n juweel op die lang pad Kaap toe, het my verlustig in die boustyle en die skoonheid en netheid van die hele dorpie."
"Prins Albert is 'n pragtige 'n dorp om te besoek en die natuurskoon rondom maak dit nog meer spesiaal."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met unieke en pragtige historiese geboue. Die netheid van die dorp (oral waar ons geloop en gery het) het ons beslis opgeval en ons hoop die dorp kan daarop voortbou."
"Dit was lekker in die middel op pad Jhb toe, maar lawaaierig. Maar nie 'n slegte keuse vir slegs 'n nag se oorslaap."