Geverifieerde Resensie
Kouga Country
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kouga Country bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 212 resensies.
"Die strate het aandag nodig en die straatname se aanwysers kort duidelike verf."
"Jeffreys Bay is een mooie plaats met mooie stranden. Wil je uit eten ga da naar Kitchen Windows, leuk restaurant, lekker eten. Wel van tevoren reserveren."
"So baie eetplekke, mens weet nie waar om te begin nie, en so baie snuistery plekkies. Die winkelsentrum is nie groot nie maar pragtig en het alles wat jou hart begeer. Die luminous putt-putt baan is absoluut pragtig."
"Patensie is 'n klein plaasdorpie met 'n lekker en rustige atmosfeer. Perfek vir 'n kort wegbreek uit die stad. "
"Net te veel eetplekke. My gewig is weer mooi op pad suide toe. Maar is dit nie waarvoor vakansies is nie?"
"Almal groet mekaar in die verbygaan op straat. Mooi omgewing - lyk na 'n lekker plek om te bly."
"Die omgewing is pragtig met plaaspaaie en kleiner paaie mens na enige plek heen kan vat. Definitief 'n pragtige deel van SA."
"Ons het nog nooit sulke vriendelike mense ontmoet nie. Ons was verstom. Waar ons ookal gestop het of ingegaan het was ons soos langverlore familie behandel. Merkwaardig!!"
Marina Martinique, Kouga-Omgewing
Marina Martinique B&B"Die ligging is beslis 'n pluspunt en dit is baie stil en rustig."
Marina Martinique, Kouga-Omgewing
Marina Martinique 1297"Ons het heerlik gekuier by Marina Martinique."
Marina Martinique, Kouga-Omgewing
Marina Martinique B&B"Fantasties - vyfster-gehalte in alle opsigte."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."