Geverifieerde Resensie
KwaZulu-Natal
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in KwaZulu-Natal bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6800 resensies.
Vallei van 'n Duisend Heuwels, KwaZulu-Natal
Littleviews Self-catering Guest Cottage"Ons was daar vir 'n troue en kon nie vir beter akkommodasie gevra het nie. Little Views is puik."
"Warner Beach self is pragtig, maar daar is is sommige elemente op die strand wat mens versigtig laat voel. Ander dele van Amanzimtoti is erger, soveel so dat mens glad nie daar wil loop nie."
"Ek dink Mooirivier word baie onderskat. Veral deur reisigers op pad heen-en-weer na die kus."
"I would have given more stars if the businesses down there had invested in backup power. Basically shutdown/unfunctional during loadshedding. As a tourist destination, you need to be able to function during power outages and not be crippled by them."
"Beautiful, and the opportunity to have access to your own "private" beach is a true gift. Despite the low levels of water, you are able to walk around the estate and just enjoy its beauty, free-roaming animals, and the stares of monkeys are relaxing and rewarding."
"Ons was so 6 jaar gelede hier en was nogals geskok om te sien hoeveel restaurante staan nou leeg in Meer en See waar daar altyd sulke oulike plekke was. Die sypaadjies is slordig met lang gras maar dis ook so selfs in ons tuisdorp waar munisipaliteite nie meer skoon maak soos verwag word nie. Ons sal wel hier kan kom deel neem aan hengelkompetisies maar glo nie ons sal weer hier kom vakansie hou nie."
"Die vakansieganger moet weet dit is nie soos in die vroeë 80's nie, die gebied word baie swak bestuur deur die munisipaliteit en meer aandag kan daaraan geskenk word. Bv. paaie is toegegroei op plekke en die meer-area is deurtrek van die riete. Daadwerklike aksie moet geneem word om die strand-area weer oop te kry, dis al 'n gesukkel van 1985 af."
"Die strate is in 'n swak toestand en beurtkrag maak dat jy nie altyd kan doen wat jy op daardie oomblik wou nie."
"The town is not really a destination but certainly the surrounding areas are beautiful and well-worth the drive to get there."
"Potholes on all roads, out of control! Drive carefully and not at night, you would not see some of the potholes if you do."
"In vergelyking met ander dele van die Suidkus, meer Noord, is Southbroom veilig en skoon en stil (ons was daar buite seisoen). Sal dié streek definitief weer oorweeg as 'n bestemming."
"Ons was veral beïndruk met die ou dorpie by Underberg. Dit is wel oud, maar als wat jy benodig is daar, en die dorpie word so mooi skoon gehou, was baie beïndruk daarmee. Die berge, plase en omgewing is lowergroen, verskriklik mooi om te sien. Sal definitief weer Underberg wil besoek."
"Hluhluwe is 'n heerlike bestemming met heelwat verskillende aktiwiteite om aan deel te neem."
"Ken Umlodti as kind, plek is soos altyd van die beste, strand/seelewe/skoon/rotse om te kan snorkel. Pragtige plek."
"Ballito buitengewoon skoon en strande netjies. Oorgenoeg uitstaande eet- en kuierplekke. Mens kan met 'n geruste hart Ballito besoek."
"Sad that the estuary is messed up from the floods. Chilled and laid-back atmosphere - love it!"
"Amanzimtoti soos ons hom geken het 'n paar jaar terug teenoor nou, het baie agteruit gegaan. Strande was vuil en vol gemors, en daar word geen reëls toegepas nie. Dit sluit die gedrag van mense rakende die gebruik van drank en hulle gedrag in. Nie altyd veilig gevoel as jy uitgegaan het nie. Sal nie sommer weer die area besoek nie."
Natalse Middellande, KwaZulu-Natal
Dam View Villa @ Belvidere Country Estate"Howick het 'n wonderlike poging aangewend om dit 'n toerismedorpie te maak! Die dorpie is netjies en het pragtige eet- en kuierplekkies."