Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Maloti Route

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Maloti Route bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 5062 resensies.

Clarens, Malotiroete

Twogether

"Clarens is en sal altyd een van ons gesin se geliefde plekke wees. Pragtig!"

Fouriesburg, Malotiroete

Oranje Guest Farm

"Die omgewing is baie mooi."

Clarens, Malotiroete

Linwood Guest Farm

"Die hele dorpie en sy mense is puik!"

Clarens, Malotiroete

4 The Mews

"Clarens is ' n pragtige interessante dorpie met goeie restaurante en koffie winkels. Ons het die snuisterye winkels en kunswinkels baie geniet. Die berge is fantasties!"

Clarens, Malotiroete

Linwood Guest Farm

"Die omgewing is pragtig en ons het lekker die aand by die Highlander geëet. Die winkel by die petrolstasie was goed toegerus en moes al baie mense goed te staan gekom het. Ons kon darem vuurhoudjies en starters daar koop. Maar ai, die armoede om die dorp, die hartseerstorie van Suid-Afrika!"

Clarens, Malotiroete

Hillside Cottage

"Lieflike dorp, ek sal hier aftree. Jy kan jou verbeel jy is in Switzerland."

Fouriesburg, Malotiroete

Goedgeleë

"Lekker restaurante en 'n goeie alternatief vir Clarens wat net te duur geword het vir dit wat jy kry."

Clarens, Malotiroete

Cottage Pie

"Dis 'n moet sien."

Clarens, Malotiroete

Upper House

"Regtig 'n plekkie om te sien en ervaar. Ons het dit platgeloop."

Clarens, Malotiroete

Accommodation @ The Spa

"Ons sal definitief weer Clarens toe gaan. Die atmosfeer was vrolik en gasvry."

Clarens, Malotiroete

Greystone Upon Clarens

"Verseker ons gunstellingplek om te wees."

Clarens, Malotiroete

Fairview Cottages

"Oulike ondekking van 'n pragdorpie ryk aan verskeie kulture."

Rosendal, Malotiroete

Gaffie's

"Perfekte wegbreek uit die stad se gejaag. "

Fouriesburg, Malotiroete

Lesoba Guest Farm

"Haven't been in Fouriesburg, but we went to Clarens a couple of times."

Fouriesburg, Malotiroete

Die Ou Pastorie

"Heerlike pizza en gesellige kuier by Windmill Pub and Grill."

Clarens, Malotiroete

Eagles View

"Heerlike wegbreekbestemming."

Clarens, Malotiroete

Avante Self-Catering

"Die enigste probleem wat ons gehad het is dat baie min restaurante gedurende die week bedryf word en dus is daar nie 'n verskeidenheid keuses beskikbaar nie."

Ladybrand, Malotiroete

Oak Tree Lodge

"Rerig baie mooi in Ladybrand. Die slaggate is net 'n groot probleem."

Clarens, Malotiroete

Amber Selfsorg

"Love die natuurskoon, winkels en eetplekke."

Clarens, Malotiroete

Paddocks 6

"Altyd lekker, my meisiekind se gunstelingbestemming in die winter."

Fouriesburg, Malotiroete

Lesoba Guest Farm

"Gemaklike oornag dorpie wat baie vir enige toeris kan bied. Koffie en kos by die Plaas Stoep is aan te bevel."

Clarens, Malotiroete

Woodlands Retreat

"Heerlike omgewing om van die gejaag van elke dag af weg te kom. Baie dinge om te doen vir dié wat nie net wil rus nie."

Clarens, Malotiroete

The Attic & Below

"Clarens is fantasies! So regte "Gilmore Girls" klein dorpie. Baie mooi, skoon, netjies, baie om te sien, lekker koffie, lekker restaurante (Highlands Restaurant is awesome), ongelooflike kuns, die beste vere duvet shop in die land. Dis 'n oulike plekke om te vertoef en net stil te raak. Daar is selfs 'n "Daycare" vir die manne in een van die kroeë as hulle nie meer wil shop saam met die vrouens nie."

Clarens, Malotiroete

Joybells

"Dit is 'n vinnige wegbreek nie te ver nie en ook nie te naby van bestemmings nie. Pragtige landskap en asemrowend. 'n Wegbreek voorwaar die moeite werd met soveel kunstenaars en galerye om te besigtig. Voortreflike restaurante om by aan te gaan sit en heerlike anderse disse om uit te probeer."

Fouriesburg, Malotiroete

Sandstone Chameleon Guest House

"Baie klein dorpie met min om te doen as hy baie verwag. Maar dis lekker stil en rustig en net wat mens soms nodig het om te ontspan."

Clarens, Malotiroete

Collett House

"'n Stukkie van die Vrystaat wat jou laat verlang sodra jy by die dorp uit ry. Dis seker een van die mooiste dorpies ooit! Kan maklik jou hart daar verloor."

Fouriesburg, Malotiroete

Goedgeleë

"Mooi omgewing met al die sandsteen geboue. Bly daar oor en besoek Clarens. Goedkoper en rustig."

Blad
Blad 132 - Wys 3931 tot 3960
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem